Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwhf artikel 11
  • As jy nie meer jou tiener kan vertrou nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • As jy nie meer jou tiener kan vertrou nie
  • Hulp vir die gesin
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Is my tiener opstandig?
  • Wat as my tiener nie heeltemal eerlik was met my nie?
  • Wie se skuld is dit?
  • Hoe kan ek my tiener help om weer my vertroue te wen?
  • Hoe om reëls vir jou tiener vas te stel
    Ontwaak!—2013
  • Praat met jou tiener—sonder om te stry
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Hoe om met jou tiener te kommunikeer
    Ontwaak!—2013
  • Hoe om jou tiener te dissiplineer
    Ontwaak!—2013
Sien nog
Hulp vir die gesin
ijwhf artikel 11
’n Pa en ma is teleurgesteld in hulle tienerseun.

HULP VIR DIE GESIN | OUERSKAP

As jy nie meer jou tiener kan vertrou nie

Party tieners ignoreer hulle ouers se reëls oor hoe laat hulle by die huis moet wees. Ander is nie eerlik met hulle ouers nie deur miskien vir hulle te lieg of by die huis uit te sluip om saam met hulle vriende te wees. Wat kan jy doen as jy nie meer jou tiener kan vertrou nie?

  • Is my tiener opstandig?

  • Wat as my tiener nie heeltemal eerlik was met my nie?

  • Wie se skuld is dit?

  • Hoe kan ek my tiener help om weer my vertroue te wen?

  • Wat ander ouers sê

Is my tiener opstandig?

Nie noodwendig nie. Die Bybel sê: “Dwaasheid sit vas in die hart van ’n jongmens”, en tieners wys gewoonlik dat dit waar is (Spreuke 22:15, voetnoot). Dr. Laurence Steinberg skryf: “Jongmense maak soms besluite wat oorhaastig en onverstandig is. Jy kan verwag dat hulle foute sal maak.”a

Wat as my tiener nie heeltemal eerlik was met my nie?

Moenie dink dat dit jou tiener se doel in die lewe is om ongehoorsaam aan jou te wees nie. Navorsing wys dat jongmense regtig omgee wat hulle ouers van hulle dink, selfs al lyk dit nie so nie. Maar al wys jou tiener dit nie, is hy dalk teleurgesteld in homself – en maak dit hom ongelukkig dat hy jou teleurgestel het.b

Collage: 1. ’n X-straal van ’n gebreekte been. 2. ’n Been in gips. 3. ’n Man stap met ’n gesonde been.

’n Gebreekte been kan weer sterk wees wanneer dit gesond is. Dit is dieselfde wanneer dit kom by vertroue wat verloor is

Wie se skuld is dit?

  • Is dit sy omgewing? Die Bybel sê: “Slegte assosiasie bederf goeie gewoontes” (1 Korintiërs 15:33). Vriende het beslis groot invloed op tieners. Daar is ook ander faktore soos sosiale media en advertensies. En as jy in ag neem dat ’n tiener so min lewensondervinding het, kan jy verstaan hoekom hulle sulke slegte besluite maak. Hulle moet natuurlik ook leer om die gevolge te aanvaar van die besluite wat hulle maak sodat hulle verantwoordelike grootmense kan word.

  • Is dit my skuld? Jy mag dalk dink dat jy te streng was, en dit het veroorsaak dat jou tiener ongehoorsaam aan jou was. Of jy dink dalk dat jy nie streng genoeg was nie en jou tiener te veel vryheid gegee het. Eerder as om te fokus op hoe jy bygedra het tot die probleem, dink aan hoe jy nou die probleem kan oplos.

Hoe kan ek my tiener help om weer my vertroue te wen?

  • Beheer jou reaksie. Jou tiener verwag seker dat jy kwaad gaan word. Hoekom probeer jy nie om iets anders te doen nie? Praat rustig met jou tiener oor hoekom hy ongehoorsaam was. Was hy nuuskierig? Verveeld? Eensaam? Of wou hy graag vriende hê? Nie een van hierdie dinge is ’n verskoning vir wat hy gedoen het nie, maar dit kan jou – en jou tiener – help om te verstaan wat tot die probleem gelei het.

    Bybelwaarheid: “Elkeen moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om kwaad te word.” – Jakobus 1:19.

  • Help jou tiener om te redeneer oor wat gebeur het. Vra vrae soos: Wat het jy uit hierdie ondervinding geleer? Hoe sal jy die situasie volgende keer anders hanteer? Sulke vrae kan jou help om jou tiener te leer om te redeneer sodat hy beter besluite kan maak.

    Bybelwaarheid: “Wys tereg, gee streng raad, moedig aan. Doen dit met alle geduld en deur goed te onderrig.” – 2 Timoteus 4:2.

  • Laat hom die gevolge dra. Dit sal net werk as die gevolge pas by die oortreding. Byvoorbeeld, as jou tiener jou kar gebruik het sonder jou toestemming, kan jy hom straf deur te beperk wanneer hy jou kar mag gebruik.

    Bybelwaarheid: “Wat ’n mens saai, dit sal hy ook oes.” – Galasiërs 6:7.

  • Fokus daarop om weer vertroue op te bou. Dit is waar dat dit nie oornag gaan gebeur nie. Maar jou tiener moet weet dat vertroue met tyd weer gewen kan word. Maak seker dat hy weet dat daar lig aan die einde van die tonnel is. As jou tiener voel dat hy nooit weer jou vertroue kan wen nie, dan sal hy dalk ophou probeer.

    Bybelwaarheid: “Moenie julle kinders irriteer nie, sodat hulle nie moedeloos word nie.” – Kolossense 3:21.

’n Lig.

Wenk: Stel die voorbeeld deur vir jou tiener jammer te sê wanneer jy ’n fout of ’n slegte besluit maak.

Wat ander ouers sê

Joseph en Lisa.

“Ouers kan oor vertroue praat, maar as jy hulle nie kan vertrou nie, beteken hulle woorde niks nie. Wanneer kinders sien dat hulle hulle ouers kan vertrou, sal hulle ook graag so wil wees.” – Joseph, saam met sy vrou, Lisa.

Karyn en Daniel.

“Wanneer jy ’n goeie verhouding met jou kinders opbou wanneer hulle nog jonk is, sal dit hulle in hulle moeilike tienerjare help. Ouers moet ook leer om vir hulle tieners geleidelik meer vryheid te gee en vir hulle duidelik sê wat hulle mag en nie mag doen nie. Wanneer ’n tiener voel dat ’n ouer hom probeer verstaan en vir hom die vryheid gee wat hy verdien, sal hy alles doen om die ouer se vertroue te behou.” – Karyn, saam met haar man, Daniel.

Hersiening: As jy nie meer jou tiener kan vertrou nie

  • Beheer jou reaksie. Praat rustig met jou tiener oor wat tot die probleem gelei het.

  • Help jou tiener om te redeneer oor wat gebeur het. Vra vrae soos: Wat het jy uit hierdie ondervinding geleer? Hoe sal jy die situasie volgende keer anders hanteer?

  • Laat hom die gevolge dra. Dit sal net werk as die gevolge pas by die oortreding.

  • Fokus daarop om weer vertroue op te bou. As jou tiener voel dat hy nooit weer jou vertroue kan wen nie, dan sal hy dalk ophou probeer.

a Uit die boek You and Your Adolescent.

b Hoewel ons na die tiener as ’n seun verwys, is die inligting in hierdie artikel vir seuns en meisies.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel