Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwex artikel 34
  • Bybelonderrigting het hulle lewens verander

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bybelonderrigting het hulle lewens verander
  • Ondervindinge van Jehovah se Getuies
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Van die najaging van geld na ware geluk
  • Van ’n lewe van misdaad na ’n betekenisvolle lewe
  • Hoe Bybelonderrigting mense help om beter burgers te word
  • “Ek was besig om my eie graf te grawe”
    Die Bybel verander lewens
  • Die voorbeelde van Ricardo en Andres
    Ontwaak! – 2019
  • “Ek het ’n vurige humeur gehad”
    Die Bybel verander lewens
  • Opvoeding—Gebruik dit om Jehovah te loof
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
Sien nog
Ondervindinge van Jehovah se Getuies
ijwex artikel 34
Collage: Foto’s van twee mans voordat hulle Getuies van Jehovah geword het. 1. Lanh Văn Nguyễn. 2. Thắng Viết Phùng.

Bybelonderrigting het hulle lewens verander

Dit is die verhale van twee manne van Viëtnam wie se lewens dramaties verander het. Vir die grootste gedeelte van hulle lewens het hulle geglo dat rykdom gewaarborg het dat hulle gelukkig en veilig sou wees. En hulle het dit dikwels nagejaag, selfs wanneer dit hulleself en ander seergemaak het. Maar op ’n sekere stadium het hulle besef dat ware vrede en tevredenheid net van Bybelonderrigting af kom. Hulle verhale wys hoe die toepassing van Bybelbeginsels mense kan help om verantwoordelike en sedelik rein burgers te word wat die wet gehoorsaam.

Van die najaging van geld na ware geluk

Lanh Văn Nguyễn dra ’n militêre uniform.

As ’n kind het Lanh Wăn Ngoejễn oorloë, politieke probleme en armoede ondervind. Met verloop van tyd het hy begin glo dat ’n persoon ryk moet wees om werklik gelukkig te wees. In 1988 het hy Duitsland toe getrek om werk te soek. Hy het dag en nag baie hard gewerk om geld te verdien.

Tien jaar later, het Lanh Jehovah se Getuies ontmoet. Hulle het hom die Bybelboek Spreuke gewys. Hy het baie daarvan gehou omdat hy dit geniet het om spreuke en wyse gesegdes bymekaar te maak. Die praktiese wysheid in die Bybel het gemaak dat hy meer oor die Bybel wou leer. Hy het ’n Getuie gevra om vir hom ’n Bybel te koop. Sy het gesê dat sy en haar man vir hom een verniet sou gee as hulle die Bybel saam met hom kon bespreek. Met die volgende besoek het sy vir hom ’n Bybel en die Bybelstudiehulp Kennis wat tot die ewige lewe lei gebring.

Terwyl Lanh die Bybel saam met die Getuies gestudeer het, het hy begin wonder of hy moet aanhou met sy besigheid – om wapens te koop en te verkoop. Hy het gou besef dat hy daarmee moes ophou. Maar nadat hy dit gedoen het, het sy inkomste met 80 persent verminder. So hy het daaroor gebid en eerder begin om ander dinge te verkoop. Met verloop van tyd het sy inkomste vermeerder.

Lanh het besluit om soveel tyd as wat hy kon aan die Bybelonderrigtingswerk van Jehovah se Getuies te spandeer. Hy wou dit wat hy geleer het, met ander deel, maar hy was beperk omdat hy nie so goed Duits kon praat nie. So hy het teruggegaan Viëtnam toe sodat hy ander in sy moedertaal oor die Bybel kon leer.

Vandat Lanh begin het om die Bybel te verstaan, het hy sy denke en lewenswyse verander. Nou lei hy, sy vrou en hulle kinders gelukkige lewens.

Lanh en sy vrou glimlag saam in ’n park.

Lanh en sy vrou

Van ’n lewe van misdaad na ’n betekenisvolle lewe

Thắng Viết Phùng voordat hy een van Jehovah se Getuies geword het.

Thắng Wiết Fùng is in 1976 in Nghe An, Viëtnam, gebore, en dit was sy droom om ryk te word. Toe hy 19 jaar oud was, het hy die huis verlaat op soek na rykdom. Hy het onwettig Duitsland toe gegaan, waar hy by ’n bende aangesluit het wat betrokke was by verskeie onwettige bedrywighede. Hy het altyd ’n vuurwapen op hom gehad en het selfs met dit onder sy kussing geslaap. Hy is uiteindelik gearresteer en ’n tronkvonnis van ses jaar gegee omdat hy gehelp het om iemand te ontvoer. Hy was ná net twee jaar vrygelaat.

Thắng het by ’n nuwe bende aangesluit en weer begin om misdade te pleeg. Hy was weer gearresteer, maar was nie verhoor nie omdat getuies van die misdaad te bang was om teen hom te getuig. Met verloop van tyd het hy ’n welbekende misdadiger geword. Uiteindelik, nadat hy weer gearresteer was, was hy ’n tronkvonnis van tien jaar gegee. In die tronk het hy onder die ander gevangenes en tronkbewaarders bekend geword vir sy gewelddadige persoonlikheid.

Eendag het ’n medegevangene Thắng na ’n vergadering in die tronk uitgenooi wat deur Jehovah se Getuies gehou was. Aan die begin was Thắng huiwerig, maar toe hy dit bygewoon het, het hy buitengewoon kalm gevoel. By die vergadering het hy ’n kopie van die boek Wat leer die Bybel werklik? gekry wat deur die Getuies uitgegee word. Thắng het die hele boek in een aand deurgelees. Een van die hoofstukke het Bybelverse wat verduidelik dat die dooies nie van enige iets bewus is nie. Dit is asof hulle slaap (Prediker 9:5; Johannes 11:11-14). Thắng het voorheen geglo dat sy oorlede familielede hom beskerm het, en hy het gewonder hoekom hulle hom nie gekeer het om slegte dinge te doen nie.

Thắng het aangehou om die vergaderinge van Jehovah se Getuies by te woon, waar mense gereeld uit die Bybel leer. Hy het geleer dat God die mensdom, insluitende vir hom, baie liefhet. Hy het ook geleer om tussen reg en verkeerd te onderskei, en hy het hard gewerk om nie meer materialisties en gewelddadig te wees nie. Die moeilikste uitdaging was om sy humeur te beheer, maar deur middel van gebed en harde werk het hy dit reggekry. In 2009 is hy as een van Jehovah se Getuies gedoop terwyl hy in die tronk was. Later het Thắng na Viëtnam teruggekeer. Hy sê: “Nou het ek ’n gelukkige gesin en ons aanbid Jehovah God saam. Hy het my lewe gered en my ryklik geseën. Wanneer ek nadink oor my verlede, vra ek myself: ‘Hoe sou my lewe gewees het as ek Jehovah nie leer ken het nie?’”

Thắng saam met sy vrou en hulle dogtertjie.

Thắng en sy gesin

Hoe Bybelonderrigting mense help om beter burgers te word

Die veranderinge wat Lanh en Thắng gemaak het, wys watter positiewe uitwerking Bybelonderrigting het. Hulle het opgehou om al hulle tyd en energie te gebruik om geld te maak. Lanh, wat op een stadium geglo het dat die najaging van rykdom hom gelukkig sou maak, vind nou vreugde in sy geloof en gesin. Thắng, wat op een stadium bereid was om misdade te pleeg om ryk te word, leer nou ander om eerlik te wees en die wet te gehoorsaam. In plaas daarvan om op materiële sukses te fokus, dra beide mans tot hulle gemeenskappe by. Hulle doen dit deur Bybelbeginsels te deel wat ander kan help om betekenisvolle en gelukkiger lewens te lei en deur waardevolle lede van die samelewing te word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel