Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 195
  • Wat beteken dit “om julle vyande lief te hê”?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat beteken dit “om julle vyande lief te hê”?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Hoekom moet jy jou vyande liefhê?
  • Wat is party maniere hoe jy jou vyande kan liefhê?
  • Moet jy oorlog voer teen jou vyande?
  • Verkeerde idees oor om jou vyande lief te hê
  • Hou aan om goed te doen
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Het jy ‘jou naaste lief soos jouself’?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Geweld is nie die oplossing nie
    Nog onderwerpe
  • Is dit moontlik om jou vyande lief te hê?
    Ontwaak!—2009
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 195
Twee vroue staan weerskante van ’n diep kloof. Die vrou aan die linkerkant probeer om jammer te sê terwyl die vrou aan die regterkant agterdogtig na haar kyk.

Wat beteken dit “om julle vyande lief te hê”?

Die Bybel se antwoord

In sy bekende Bergpredikasie het Jesus gesê: “Hou aan om julle vyande lief te hê” (Matteus 5:44; Lukas 6:27, 35). Sy woorde beteken dat jy liefdevol moet optree teenoor dié wat jou haat of jou onregverdig behandel.

Jesus het gewys dat hy sy vyande liefhet deur dié te vergewe wat hom sleg behandel het (Lukas 23:33, 34). Sy leringe hieroor stem ooreen met wat die Hebreeuse Geskrifte sê, wat gewoonlik die Ou Testament genoem word. – Eksodus 23:4, 5; Spreuke 24:17; 25:21.

“Hou aan om julle vyande lief te hê en om te bid vir die mense wat julle vervolg.” – Matteus 5:43, 44.

In hierdie artikel

  • Hoekom moet jy jou vyande liefhê?

  • Wat is party maniere hoe jy jou vyande kan liefhê?

  • Moet jy oorlog voer teen jou vyande?

  • Verkeerde idees oor om jou vyande lief te hê

  • Bybelverse oor om jou vyande lief te hê

Hoekom moet jy jou vyande liefhê?

  • God stel die voorbeeld. God “is goed vir die ondankbares en goddeloses” (Lukas 6:35). Hy “laat sy son opkom oor die goddeloses”. – Matteus 5:45.

  • Liefde kan ’n vyand beweeg om te verander. Die Bybel stel voor dat ons ’n vyand liefdevol behandel, en dit sê dat as ons dit doen, sal ons “brandende kole op sy kop sit” (Spreuke 25:22). Hierdie metafoor verwys na die proses om erts te verhit om kosbare metaal uit te haal. Net so, as jy liefdevol is teenoor ’n persoon wat jou haat, kan jy sy woede wegsmelt en die goeie in hom uitbring.

Wat is party maniere hoe jy jou vyande kan liefhê?

  • “Hou aan . . . om goed te doen aan die mense wat julle haat” (Lukas 6:27). Die Bybel sê: “As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet, en as hy dors is, gee hom iets om te drink” (Romeine 12:20). Jy kan dalk ander maniere vind om liefde aan ’n vyand te wys deur die Goue Reël toe te pas, wat sê: “Net soos julle wil hê dat mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen.” – Lukas 6:31.

  • ‘Seën die mense wat julle vervloek’ (Lukas 6:28). Ons seën ons vyande deur liefdevol en bedagsaam met hulle te praat, al sê hulle lelike dinge vir ons. Die Bybel sê: “Moenie . . . een belediging met ’n ander belediging [terugbetaal] nie. Betaal eerder terug met ’n seën” (1 Petrus 3:9). Hierdie raad kan ons help om die siklus van haat te breek.

  • “Bid vir die mense wat julle beledig” (Lukas 6:28). “Moenie slegte dinge aan mense doen” wanneer hulle jou beledig nie (Romeine 12:17). Vra God eerder om hulle te vergewe (Lukas 23:34; Handelinge 7:59, 60). Moenie wraak neem nie. Los die saak eerder oor aan God om dit volgens sy volmaakte standaard van geregtigheid te hanteer. – Levitikus 19:18; Romeine 12:19.

Collage: 1. ’n Vrou luister kalm terwyl haar kollega op haar skree. 2. Later bid die vrou by haar lessenaar.

“Hou aan om julle vyande lief te hê, om goed te doen aan die mense wat julle haat, om die mense te seën wat julle vervloek, om te bid vir die mense wat julle beledig.” – Lukas 6:27, 28.

  • Wees “geduldig en goedhartig” (1 Korintiërs 13:4). In sy bekende beskrywing van liefde het die Christenapostel Paulus ’n vorm van dieselfde Griekse woord (a·gaʹpe) gebruik wat ons in die woorde in Matteus 5:44 en Lukas 6:27, 35 vind. Ons betoon sulke Christelike liefde selfs aan ons vyande deur geduldig en goedhartig te wees en nie jaloers, arrogant of onbeskof nie.

Die vrou wat vroeër gewys is, bied liefdevol ’n koppie tee aan vir haar verbaasde kollega.

“Liefde is geduldig en goedhartig. Liefde is nie jaloers nie. Dit praat nie groot nie, word nie trots nie, gedra hom nie ongepas nie, soek nie sy eie belang nie, raak nie gou kwaad nie. Dit hou nie boek van slegte dinge wat aan hom gedoen is nie. Dit is nie bly oor onregverdigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit verdra alles, glo alles, hoop alles, verduur alles. Liefde faal nooit nie.” – 1 Korintiërs 13:4-8.

Moet jy oorlog voer teen jou vyande?

Nee, want Jesus het sy volgelinge geleer dat hulle nie teen hulle vyande moet veg nie. Byvoorbeeld, toe hy hulle gewaarsku het dat Jerusalem aangeval sou word, het hy nie vir hulle gesê om te bly en te veg nie, maar eerder om te vlug (Lukas 21:20, 21). Jesus het ook vir die apostel Petrus gesê: “Sit jou swaard terug in sy plek, want almal wat die swaard gebruik, sal met die swaard doodgemaak word” (Matteus 26:52). Die Bybel en geskiedkundiges sê dat Jesus se volgelinge in die eerste eeu nie teen hulle vyande oorlog gevoer het nie. – 2 Timoteus 2:24.a

Verkeerde idees oor om jou vyande lief te hê

Verkeerde idee: God se Wet het vereis dat Israeliete hulle vyande moet haat.

Feit: Die Wet het nie so ’n bevel bevat nie. Dit het eerder vir die Israeliete gesê om hulle naaste lief te hê (Levitikus 19:18). Hoewel die woord “naaste” na ander mense verwys het, het party Jode die betekenis verander sodat dit net mede-Jode ingesluit het. Hulle het geglo dat mense wat nie Jode is nie, hulle vyande is en gehaat moet word (Matteus 5:43, 44). Jesus het hulle verkeerde beskouing reggestel deur die illustrasie te vertel van die goeie Samaritaan. – Lukas 10:29-37.

Verkeerde idee: Om jou vyande lief te hê, beteken dat jy hulle verkeerde gedrag goedkeur.

Feit: Die Bybel wys dat jy ’n persoon kan liefhê sonder dat jy sy verkeerde gedrag goedkeur. Byvoorbeeld, Jesus het geweld veroordeel, maar hy het gebid vir diegene wat hom doodgemaak het (Lukas 23:34). En hy het wetteloosheid, of sonde, gehaat, maar hy het sy lewe vir sondaars gegee. – Johannes 3:16; Romeine 6:23.

a Die boek The Rise of Christianity deur E.W. Barnes sê: “As ’n mens deeglik na al die inligting kyk wat beskikbaar is, wys dit dat geen Christen ’n soldaat geword het tot die tyd van Markus Aurelius [Romeinse keiser van 161 tot 180 HJ] nie; en geen soldaat het in militêre diens gebly nadat hy ’n Christen geword het nie.”

Bybelverse oor om jou vyande lief te hê

Eksodus 23:5: “As jy sien dat die donkie van iemand wat jou haat, onder sy vrag geval het, moet jy nie die dier net so los nie. Jy moet hom help om die dier te bevry.”

Betekenis: Ons wys dat ons lief is vir ons vyand deur dinge te doen om hom te help.

Spreuke 24:17, 18: “Wanneer jou vyand val, moet jy nie bly wees nie, en wanneer hy struikel, moet jou hart nie vreugdevol wees nie, anders sal Jehovahb dit sien en ontevrede wees.”

Betekenis: God wil nie hê dat ons moet bly wees, selfs in die geheim, oor slegte dinge wat met ons vyande gebeur nie.

Lukas 6:28: “Seën [die mense] wat julle vervloek, [en] bid vir die mense wat julle beledig.”

Betekenis: Praat op ’n liefdevolle en respekvolle manier met diegene wat jou haat of wat jou onregverdig behandel, en vra God om hulle te vergewe.

1 Petrus 2:23: “Toe [Jesus] beledig is, het hy nie terug beledig nie. Toe hy gely het, het hy nie gedreig nie, maar hy het die saak oorgelaat aan die Een wat regverdig oordeel.”

Betekenis: Jesus het vertrou dat God ongeregtigheid sou regstel.

1 Petrus 3:9: “Moenie een slegte daad met ’n ander slegte daad terugbetaal of een belediging met ’n ander belediging nie.”

Betekenis: Moenie wraak neem nie. Probeer eerder om verskille vreedsaam op te los.

b Jehovah is die persoonlike naam van God (Psalm 83:18). Sien die artikel “Wie is Jehovah?”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel