Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 193
  • Wat sê die Bybel oor Daniël?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat sê die Bybel oor Daniël?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Wie was Daniël?
  • Daniël—’n Boek in die soeklig
    Gee ag op Daniël se profesie!
  • Bybelboek nommer 27—Daniël
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Glanspunte uit die boek Daniël
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Die boek Daniël en jy
    Gee ag op Daniël se profesie!
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 193
Die profeet Daniël bid tot God uit ’n leeukuil.

Wat sê die Bybel oor Daniël?

Die Bybel se antwoord

Daniël was ’n uitstekende Joodse profeet wat omtrent 600 jaar voor Jesus Christus gelewe het. God het hom die vermoë gegee om drome te verduidelik, het hom visioene gegee oor wat in die toekoms sou gebeur en het hom geïnspireer om die Bybelboek te skryf wat Daniël genoem word. – Daniël 1:17; 2:19.

Wie was Daniël?

Daniël het in Juda grootgeword, ’n koninkryk wat die stad Jerusalem en die Joodse tempel ingesluit het. In 617 VHJ het die koning van Babilon, Nebukadnesar, Jerusalem oorwin en “die vooraanstaande manne van die land” in ballingskap na Babilon geneem (2 Konings 24:15; Daniël 1:1). Daniël, wat heel moontlik ’n tiener op daardie stadium was, was saam met hulle weggeneem.

Daniël en ander jong manne word deur koninklike wagte na die Babiloniese paleis geneem.

Daniël en party ander jong manne (insluitende Sadrag, Mesag en Abednego) is na die Babiloniese paleis geneem om spesiale opleiding te kry sodat hulle vir die staat kon werk. Hoewel hulle onder druk geplaas was om dinge te doen wat hulle geweet het verkeerd is, het Daniël en sy drie vriende getrou aan hulle God, Jehovah, gebly (Daniël 1:3-8). Nadat hulle drie jaar lank opgelei is, het koning Nebukadnesar hulle geprys vir hulle wysheid en vaardighede en het hy gesien dat hulle “tien keer beter is as al die towerpriesters en die towenaars in sy hele koninkryk”. Hy het Daniël en sy vriende aangestel om in die koninklike hof te dien. – Daniël 1:18-20.

Jare later, toe Daniël heel moontlik in sy 90’s was, is hy gevra om na die paleis toe te kom. ’n Man met die naam Belsasar, wat toe oor Babilon regeer het, het Daniël gevra om vir hom te sê wat die skrif wat wonderdadig op die muur verskyn het, beteken. Met Jehovah se leiding het Daniël gesê dat Babilon deur die Medo-Persiese Ryk oorwin sou word. Babilon was op daardie selfde nag oorwin. – Daniël 5:1, 13-31.

Daniël verduidelik die skrif op ’n muur.

Toe die Medo-Persiese Ryk oor Babilon regeer het, was Daniël as ’n hoë amptenaar aangestel en koning Darius het dit oorweeg om hom selfs ’n hoër posisie te gee (Daniël 6:1-3). Jaloerse amptenare het gekonkel om Daniël te laat doodmaak deur hom in ’n leeukuil te gooi, maar Jehovah het hom gered (Daniël 6:4-23). Teen die einde van Daniël se lewe het ’n engel aan hom verskyn en Daniël twee keer verseker dat hy “’n baie geliefde man” was. – Daniël 10:11, 19.

Kyk na wat gebeur het in die tweedelige Bybeldrama Daniël: ’n Lewe van geloof.

Wat vertel die geskiedenis ons oor die Bybelboek Daniël?

Daniël het gesê: Nebukadnesar het ’n baie groot beeld gemaak, die mense beveel om dit te aanbid en diegene wat hom nie gehoorsaam het nie, in ’n vuuroond gegooi. – Daniël 3:1-6.

Wat vertel die geskiedenis ons: Nebukadnesar het baie groot bouprojekte in Babilon uitgevoer, en volgens Encyclopædia Britannica “was dit nie net om homself te verheerlik nie, maar ook tot eer van die gode. Hy het gesê dat hy die een is wat veroorsaak het dat mense die groot gode aanbid.”

Daar word baie kere in ou Babiloniese rekords genoem dat mense in ’n vuuroond doodgemaak is. Dit sluit gevalle in waar ’n heerser so ’n opdrag gegee het. ’n Antieke geskrif wat uit die tyd van koning Nebukadnesar kom, beskryf die straf vir amptenare wat daarvan beskuldig is dat hulle teen die gode van Babilon gelaster het. Die geskrif sê: “Vernietig hulle, brand hulle, braai hulle, . . . in die kok se oond . . . maak dat hulle rook opgaan, maak die vuur baie warm sodat hulle sal sterf.”a

Daniël het geskryf: Koning Nebukadnesar het gespog oor sy bouprojekte. – Daniël 4:29, 30.

’n Baksteen wat in Babilon ontdek is met Nebukadnesar se naam daarop

Wat vertel die geskiedenis ons: Die dinge wat Nebukadnesar oor homself geskryf het, wys ons dat hy gedink het dat hy ’n groot koning was wat regverdig en magtig was.b Byvoorbeeld, op een gebou het daar gestaan hoe Nebukadnesar gespog het: “Ek het met bitumen en baksteen ’n magtige muur gebou wat, soos ’n berg, nie geskuif kon word nie . . . Ek het die vestings van Esagila en Babilon versterk sodat mense my heerskappy vir ewig sal onthou.”c Baie van die bakstene wat in Babilon ontdek is, het Nebukadnesar se naam daarop.

Daniël het geskryf: Koning Belsasar wou gehad het dat Daniël “as die derde heerser in die koninkryk [van Babilon] regeer”. – Daniël 5:1, 13-16.

Hierdie silinder uit 550 VHJ noem koning Nabonidus en sy seun, Belsasar

Wat vertel die geskiedenis ons: ’n Man met die naam Nabonidus was koning gedurende die gebeure wat in Daniël hoofstuk 5 opgeteken is. Maar terwyl Nabonidus koning was, het hy baie meer tyd in Arabië spandeer as in Babilon. Wie het in Babilon regeer terwyl hy weg was? Die geskiedkundige Raymond Philip Dougherty in sy boek Nabonidus and Belshazzar verduidelik: “’n Baie ou verslag sê dat Nabonidus die koningskap aan sy oudste seun, dit wil sê Belsasar, toevertrou het. Belsasar het koninklike pligte uitgevoer in die naam van die afwesige koning, sy pa.” Omdat Nabonidus en Belsasar alreeds die eerste en die tweede posisies in die koninkryk gehad het, het Belsasar Daniël die derde posisie aangebied.

a Volgens Journal of Biblical Literature, deel 128, nommer 2, bladsy 279, 284.

b Babylon—City of Wonders deur Irving Finkel en Michael Seymour, bladsy 17.

c Archæology and the Bible deur George Barton, bladsy 479.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel