Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 189
  • Kan ek woorde van vertroosting in die Bybel vind?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan ek woorde van vertroosting in die Bybel vind?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Teenstand
  • Die dood van ’n geliefde
  • Om vas te hou aan skuldgevoelens
  • Hartseer
  • Siekte
  • Stres en angstigheid
  • Oorlog
  • Bekommernis oor die toekoms
  • Wat sê die Bybel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
  • Mans wat angstig is – Hoe die Bybel kan help
    Nog onderwerpe
  • Ek voel skuldig – Kan die Bybel my help om beter te voel?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Werp al julle sorge op Jehovah
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 189
’n Vrou geniet dit om die Bybel te lees.

Kan ek woorde van vertroosting in die Bybel vind?

Die Bybel se antwoord

Ja (Romeine 15:4). Kom ons kyk na ’n paar voorbeelde van Bybelverse wat al baie mense wat met moeilike situasies en emosies sukkel, vertroos het.

In hierdie artikel

  • Teenstand

  • Die dood van ’n geliefde

  • Om vas te hou aan skuldgevoelens

  • Hartseer

  • Siekte

  • Stres en angstigheid

  • Oorlog

  • Bekommernis oor die toekoms

Teenstand

Psalm 23:4: “Al loop ek in die vallei van diep skaduwee, is ek nie bang vir enige gevaar nie, want u is met my.”

Wat dit beteken: Wanneer jy tot God bid en op sy Woord, die Bybel, vertrou vir leiding, kan jy moedig wees wanneer jy teenstand ervaar.

Filippense 4:13: “Vir alles is ek sterk genoeg deur hom wat my krag gee.”

Wat dit beteken: God kan jou die krag gee om enige probleem te hanteer.

Om meer uit te vind oor hoe die Bybel jou kan help om teenstand te hanteer wat lank duur, sien die artikel: “Die uitdaging: Onveranderbare omstandighede.”

Die dood van ’n geliefde

Prediker 9:10: “Daar is geen werk of beplanning of kennis of wysheid in die Graf . . . nie.”

Wat dit beteken: Dié wat gesterf het, kry nie swaar nie en hulle kan ons ook nie seermaak nie. Hulle is nie bewus van enige iets nie.

Handelinge 24:15: “Daar [sal] ’n opstanding . . . wees.”

Wat dit beteken: God kan ons geliefdes wat gesterf het, weer lewend maak.

Om meer uit te vind oor hoe die Bybel jou kan help om die dood van ’n geliefde te hanteer, sien die artikel: “Hoe om die hartseer te hanteer — Wat jy vandag kan doen.”

Om vas te hou aan skuldgevoelens

Psalm 86:5: “Want u, o Jehovah,a is goed en vergewe vryelik. U is vol lojale liefde vir almal wat u aanroep.”

Wat dit beteken: God vergewe dié wat regtig jammer is oor die foute wat hulle in die verlede gemaak het en wat vasbeslote is om nie weer daardie foute te maak nie.

Psalm 103:12: “So ver as wat die sonsopkoms van die sonsondergang is, so ver het hy ons oortredings van ons verwyder.”

Wat dit beteken: Wanneer God ons vergewe, verwyder hy ons sondes so ver weg van ons as wat moontlik is. Hy herinner ons nie oor en oor daaraan om ons te beskuldig of te straf nie.

Om meer uit te vind oor hoe die Bybel jou kan help om nie aan skuldgevoelens vas te hou nie, sien die artikel: “Ek voel skuldig – Kan die Bybel my help om beter te voel?”

Hartseer

Psalm 31:7: “U het gesien hoe ek swaarkry. U is bewus van my groot angs.”

Wat dit beteken: God weet presies waardeur jy gaan. Hy verstaan jou diepste gevoelens – selfs wanneer ander dit nie verstaan nie.

Psalm 34:18: “Jehovah is naby dié wie se hart gebreek is. Hy red dié wat mismoedig is.”

Wat dit beteken: God belowe dat hy jou sal ondersteun wanneer jy hartseer voel. Hy kan jou die krag gee om jou hartseer te hanteer.

Om meer uit te vind oor hoe die Bybel jou kan help om nie so hartseer te voel nie, kyk na die video: Verander jou hartseer in geluk.

Siekte

Psalm 41:3: “Jehovah sal hom op sy siekbed ondersteun.”

Wat dit beteken: God kan jou help om ’n ernstige siekte te hanteer deur jou innerlike vrede te gee, asook krag, volharding en wysheid om goeie besluite te maak.

Jesaja 33:24: “Geen inwoner sal sê: ‘Ek is siek’ nie.”

Wat dit beteken: God belowe dat daar ’n tyd sal kom wanneer alle mense blakend gesond sal wees.

Om meer uit te vind oor hoe die Bybel jou kan help om siekte te hanteer, sien die artikel: “Hoe om ’n gesondheidsprobleem wat skielik opgekom het, te hanteer.”

Stres en angstigheid

Psalm 94:19: “Toe sorge my oorweldig het, het u my vertroos en gekalmeer.”

Wat dit beteken: As ons vir God vra om ons te help wanneer ons stres ervaar, kan hy ons help om kalm te bly.

1 Petrus 5:7: “Gee al julle bekommernisse oor aan God, want hy gee om vir julle.”

Wat dit beteken: God weet wanneer ons swaarkry en hy wil iets daaromtrent doen. Hy nooi ons om vir hom in gebed van ons probleme te vertel.

Om meer uit te vind oor hoe die Bybel jou kan help om stres en angstigheid te hanteer, sien die artikel: “Hoe om stres te hanteer.”

Oorlog

Psalm 46:9: “Hy maak regoor die aarde ’n einde aan oorloë.”

Wat dit beteken: God se Koninkryk sal binnekort ’n einde maak aan alle oorlog.

Psalm 37:11, 29: “Die nederiges sal die aarde besit, en hulle sal groot vreugde vind in die oorvloed van vrede. . . . Die regverdiges sal die aarde besit, en hulle sal vir ewig daarop lewe.”

Wat dit beteken: Goeie mense sal vir ewig vrede op die aarde geniet.

Om meer uit te vind oor hoe ons weet dat God se Koninkryk naby is, sien die artikel: “Wanneer sal God se Koninkryk oor die aarde regeer?”

Bekommernis oor die toekoms

Jeremia 29:11: “‘Ek weet goed wat ek vir julle in gedagte het,’ sê Jehovah. ‘Ek wil julle vrede gee, nie rampspoed nie. Ek wil julle ’n toekoms en ’n hoop gee.’”

Wat dit beteken: God gee sy volk die versekering dat hulle na ’n blink toekoms kan uitsien.

Openbaring 21:4: “God sal elke traan van hulle oë afvee, en die dood sal nie meer daar wees nie. Daar sal geen getreur, geen gehuil en geen pyn meer wees nie. Die vorige dinge is verby.”

Wat dit beteken: God belowe om ontslae te raak van al die slegte dinge wat jy vandag sien en ervaar.

Om meer uit te vind oor die Bybel se beloftes vir die toekoms, sien die artikel: “’n Ware hoop vir ’n beter toekoms.”

a Jehovah is die persoonlike naam van God (Psalm 83:18). Sien die artikel: “Wie is Jehovah?”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel