Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 180
  • Waar kan ek hoop vind?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waar kan ek hoop vind?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Hoe kan die Bybel ons help om positief te wees?
  • Watter hoop bied die Bybel aan alle mense?
  • Hou jou Christelike hoop sterk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • Redes hoekom ons hoop kan hê in 2023 – Wat sê die Bybel?
    Nog onderwerpe
  • Hoop op Jehovah, en wees moedig
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Waar kan jy ware hoop vind?
    Ontwaak!—2004
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 180
’n Vrou kyk met hoop na die horison.

Waar kan ek hoop vind?

Die Bybel se antwoord

Die Bybel sê dat God vir ons “’n toekoms en ’n hoop”a wil gee (Jeremia 29:11). Om die waarheid te sê, een rede hoekom God vir ons die Bybel gegee het, is sodat ons “deur die vertroosting uit die Skrif hoop kan hê” (Romeine 15:4). Soos ons sal sien, kan die Bybel se wyse raad vir ons met ons daaglikse probleme help terwyl dit vir ons ’n wonderlike hoop vir die toekoms gee.

Op hierdie bladsy

  • Hoe kan die Bybel ons help om positief te wees?

  • Watter hoop bied die Bybel aan alle mense?

  • Bybelverse oor hoop

Hoe kan die Bybel ons help om positief te wees?

Die Bybel kan vir ons help om positief te wees deur vir ons te wys watter praktiese dinge ons kan doen om ons lewe te verbeter. Kyk na ’n paar voorbeelde hiervan.

  • Vertrou op die Bybel vir praktiese raad. Psalm 119:105 sê: “U woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad.” ’n Sterk lig kan twee dinge doen. Dit kan ons help om te sien wat reg voor ons is, en dit kan ons ook help om te sien wat verder op ons pad is. Net so kan praktiese Bybelwaarhede ons help met die probleme wat ons nou het, wat ons op ’n daaglikse basis positief maak. Bybelleringe kan ons weer krag gee, en “dit maak die hart bly” (Psalm 19:7, 8). Terselfdertyd skyn die Bybel lig op God se wonderlike doel vir die mensdom en die aarde se toekoms. Hierdie hoop kan vir ons ewige vreugde en innerlike vrede gee.

  • Laat toe dat ander jou help. Wanneer ons situasie hopeloos lyk, is ons dalk geneig om ons familie en vriende te vermy. Maar die Bybel sê dat ons dit nie moet doen nie omdat dit kan maak dat ons onverstandige dinge doen (Spreuke 18:1). Ons geliefdes kan ons help om redelik te bly. Hulle het dalk ook goeie voorstelle oor hoe om ’n moeilike situasie te hanteer (Spreuke 11:14). Ten minste kan hulle vir ons vertroos en opbeur, wat vir ons die krag sal gee om deur te druk totdat dinge beter word. – Spreuke 12:25.

  • Bid tot God. Die Bybel sê: “Gee jou las vir Jehovah,b en hy sal jou ondersteun. Hy sal die regverdige nooit laat val nie” (Psalm 55:22). Daarom word Jehovah “die God wat hoop gee”, genoem (Romeine 15:13). Jy kan tot hom bid oor ‘al jou bekommernisse’, en jy kan seker wees dat hy vir jou omgee (1 Petrus 5:7). Om die waarheid te sê, die Bybel sê: “Hy sal julle standvastig maak, hy sal julle sterk maak, hy sal julle ’n stewige fondament gee.” – 1 Petrus 5:10.

  • Laat toe dat moeilike tye jou hoop versterk. Die Bybel belowe: “Die een wat na [God] luister, sal in veiligheid woon en sal nie vir rampspoed bang wees nie” (Spreuke 1:33). Toe ’n sikloon ’n vrou in Australië met die naam Margaret se huis getref het, het sy baie van haar besittings verloor. Maar in plaas daarvan om desperaat te word, het sy ’n waardevolle les geleer – dat materiële besittings net tydelik is. Daarna was sy selfs meer vasbeslote om op die dinge te fokus wat regtig saak maak – haar familie en vriende, haar verhouding met God en die hoop in die Bybel. – Psalm 37:34; Jakobus 4:8.

Watter hoop bied die Bybel aan alle mense?

Die Bybel belowe ’n beter toekoms vir alle mense en vir die aarde. En dit gaan binnekort gebeur. Om die waarheid te sê, die probleme wat die mensdom vandag ervaar, is ’n bewys dat ons in “die laaste dae” van die huidige wêreld lewe (2 Timoteus 3:1-5). Binnekort gaan God volle beheer oorneem van wat op die aarde gebeur, en hy sal ongeregtigheid en swaarkry wegneem. Hy gaan dit doen deur middel van ’n wêreldregering wat God se Koninkryk genoem word (Daniël 2:44; Openbaring 11:15). Jesus het na hierdie hemelse regering verwys in sy modelgebed toe hy gesê het: “Laat u Koninkryk kom. Laat u wil plaasvind op die aarde.” – Matteus 6:9, 10.

Die Bybel sê duidelik vir ons wat God se wil vir die mens is. Kyk na ’n paar probleme wat God se Koninkryk gaan wegneem:

  • Geen meer honger mense nie. “Die aarde sal sy opbrengs lewer.” – Psalm 67:6.

  • Geen meer siekte nie. “Geen inwoner sal sê: ‘Ek is siek’ nie.” – Jesaja 33:24.

  • Geen meer dood nie. “God sal elke traan van [die mensdom se] oë afvee, en die dood sal nie meer daar wees nie. Daar sal geen getreur, geen gehuil en geen pyn meer wees nie. Die vorige dinge is verby.” – Openbaring 21:3, 4.

a Ons hoop vir iets wanneer ons dit graag wil hê en glo dat ons dit kan kry. Jy kan ook jou hoop op ’n voorwerp of ’n persoon plaas.

b Volgens die Bybel is God se naam Jehovah. – Psalm 83:18.

Bybelverse oor hoop

Job 5:16: ‘Daar is hoop vir die hulpeloses.’

Betekenis: Diegene wat in vandag se wêreld nie raakgesien word nie, kan vertrou dat God vir hulle sal omgee as hulle na hom kyk vir hulp.

Psalm 27:14: “Hoop op Jehovah. Wees moedig en sterk van hart. Ja, hoop op Jehovah.”

Betekenis: Wanneer ons ons vertroue in Jehovah God stel, word ons sterk en moedig. Hy sal nie diegene wat op hom vertrou, in die steek laat nie.

Psalm 62:5: “Ek wag in stilte op God, want my hoop kom van hom.”

Betekenis: Diegene wat geduldig op God vertrou wanneer hulle deur moeilike tye gaan, kan seker wees dat hy op die regte tyd ’n einde sal maak aan al hulle probleme.

Spreuke 20:22: “Moenie sê: ‘Ek sal jou terugbetaal vir wat jy aan my gedoen het!’ nie. Hoop op Jehovah, en hy sal jou red.”

Betekenis: As iemand ons seermaak of ontstel, moet ons keer dat ons wraak wil neem deur op Jehovah te hoop. Hy het die krag en die begeerte om ons te red en om enige pyn weg te neem.

Hebreërs 6:19: “Ons het hierdie [Christelike] hoop as ’n anker vir die siel. Dit is seker en vas.”

Betekenis: Net soos ’n anker ’n skip gedurende ’n storm stabiel hou, kan die vaste hoop op ’n beloning van God ons minder angstig maak en ons help om emosioneel, verstandelik en geestelik stabiel te bly. Hoop kan ons ook die krag gee om tydens moeilike tye te volhard.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel