Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w15 12/15 bl. 15-16
  • Toon waardering vir Jehovah se vrygewigheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Toon waardering vir Jehovah se vrygewigheid
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • DIE GROOTSTE VOORBEELD VAN VRYGEWIGHEID
  • “Die werk is groot”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • ’n Vrygewige persoon sal geseën word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2017
  • Jehovah seën ’n gewillige gees ryklik
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Hoe word die werk van Jehovah se Getuies gefinansier?
    Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
w15 12/15 bl. 15-16
’n Vrou sit ’n bankkaart in ’n elektroniese kaartleser

Toon waardering vir Jehovah se vrygewigheid

JEHOVAH is ’n vrygewige God (Jakobus 1:17). Ons sien sy vrygewigheid in alles wat hy geskep het. Hy het die hemel met sterre gevul en die aarde met pragtige plante bedek.—Psalm 65:12, 13; 147:7, 8; 148:3, 4.

Die skrywer van Psalm 104 het groot waardering gehad vir alles wat Jehovah geskep het, en daarom het hy ’n lied geskryf om hom te loof. Het jy soveel waardering soos die psalmis gehad het wanneer jy hierdie psalm lees? Hy het gesê: “Ek sal my hele lewe lank tot Jehovah sing; ek sal my God met melodieë besing solank ek daar is” (Psalm 104:33). Wil jy dit ook doen?

DIE GROOTSTE VOORBEELD VAN VRYGEWIGHEID

Jehovah wil hê dat ons sy vrygewigheid moet navolg. En hy voorsien goeie redes waarom ons vrygewig moet wees. Hy het die apostel Paulus geïnspireer om te skryf: “Beveel dié wat ryk is in die teenswoordige stelsel van dinge, om nie hooghartig te wees nie en om hulle hoop nie op onsekere rykdom te vestig nie, maar op God, wat aan ons alles ryklik vir ons genot verskaf; om goed te doen, om ryk te wees in goeie werke, om vrygewig te wees, mededeelsaam, en vir hulleself ’n goeie fondament vir die toekoms veilig as ’n skat te bewaar, sodat hulle ’n stewige houvas op die werklike lewe kan kry.”—1 Timoteus 6:17-19.

In sy tweede brief aan die Korintiërs het Paulus gesê wat ons beweegrede moet wees wanneer ons aan ander gee. Hy het gesê: “Laat elkeen doen net soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie teësinnig of onder dwang nie, want God het ’n blymoedige gewer lief” (2 Korintiërs 9:7). Vir wie help ons wanneer ons vrygewig is? Paulus het gesê dat ons ander help wanneer ons vir hulle gee wat hulle nodig het, maar dat ons ook onsself help omdat Jehovah ons sal seën.—2 Korintiërs 9:11-14.

Daarna het Paulus verwys na die grootste bewys van God se vrygewigheid en gesê: “Ons dank God vir sy onbeskryflike vrye gawe” (2 Korintiërs 9:15). Jehovah se “vrye gawe” sluit al die goeie dinge in wat hy vir ons deur Jesus Christus gee. Woorde kan nie beskryf hoe waardevol hierdie gawe is nie.

Hoe kan ons toon dat ons alles waardeer wat Jehovah en Jesus vir ons gedoen het en nog sal doen? Een manier is om vrygewig te wees met ons tyd, energie en materiële dinge wanneer ons Jehovah aanbid en ander help om van hom te leer. Ons kan dit doen, hetsy ons baie of min het.—1 Kronieke 22:14; 29:3-5; Lukas 21:1-4.

Hoe party besluit om vir die wêreldwye werk by te dra

Soos in die apostel Paulus se dag is daar vandag baie wat “iets opsysit”, of ’n bedrag begroot, en dit in die gemeente se bydraebussie gooi wat “Wêreldwye werk” gemerk is (1 Korintiërs 16:2). Elke maand stuur gemeentes hierdie bydraes na die takkantoor van Jehovah se Getuies wat oor hulle land toesig hou. Jy kan ook bydraes regstreeks stuur aan ’n regsentiteit wat deur Jehovah se Getuies in jou land gebruik word. As jy wil uitvind wat die naam is van die regsentiteit wat in jou land gebruik word, moet jy asseblief in verbinding tree met die takkantoor wat oor jou land toesig hou. Die adres van die takkantoor kan gevind word op www.jw.org. Bydraes wat jy regstreeks kan stuur, is:

REGSTREEKSE SKENKINGS

  • Skenkings per elektroniese bankoorplasing, debietkaart of kredietkaart. In party lande kan skenkings ook op jw.org of op ’n ander genoemde webwerf gemaak word.

  • Skenkings van kontant, juweliersware of ander waardevolle persoonlike eiendom. Sluit ’n brief in wat sê dat die kontant of die item ’n regstreekse skenking is.

BEPLANDE SKENKINGS

Hieronder word ander maniere genoem waarop jy kan bydra om die wêreldwye predikingswerk te ondersteun. Voordat jy ’n skenking maak, moet jy asseblief by die takkantoor wat oor jou land toesig hou, uitvind watter skenkings aanvaarbaar is waar jy woon. Aangesien wetlike vereistes en belastingwette nie oral dieselfde is nie, moet jy iemand wat hierdie wette ken, vra voordat jy ’n skenking maak.

Versekering: ’n Regsentiteit wat deur Jehovah se Getuies gebruik word, kan as die begunstigde van ’n lewensversekeringspolis, ’n aftreeannuïteit of pensioenskema benoem word.

Bankrekeninge: Bankrekeninge, depositosertifikate of persoonlike aftreerekeninge kan in trust gehou word of kan by afsterwe betaalbaar gemaak word aan ’n regsentiteit wat deur Jehovah se Getuies gebruik word, in ooreenstemming met plaaslike bankvereistes.

Aandele en obligasies: Aandele en obligasies kan as ’n regstreekse skenking gegee word aan ’n regsentiteit wat deur Jehovah se Getuies gebruik word. Of ’n geskrewe ooreenkoms kan bepaal dat dit by afsterwe oorgedra word.

Vaste eiendom: Tree asseblief eers met die takkantoor in verbinding as jy vaste eiendom wil skenk. Die takkantoor sal vasstel of die vaste eiendom gebruik kan word en of dit beter sal wees om dit te verkoop en die geld vir die wêreldwye werk te gebruik.

Testamente en trusts: Eiendom of geld kan deur middel van ’n wettige testament bemaak word aan ’n regsentiteit wat deur Jehovah se Getuies gebruik word, of hierdie regsentiteit kan as die begunstigde van ’n trustooreenkoms benoem word. Hierdie reëling kan sekere belastingvoordele inhou.

Die regsentiteit wat in jou land deur Jehovah se Getuies gebruik word, kan as die begunstigde in ’n testament of trust benoem word. Dit moenie as die eksekuteur, beredderaar of trustee van jou boedel benoem word nie.

As jy meer inligting wil hê, kan jy met die plaaslike takkantoor van Jehovah se Getuies in verbinding tree.

REKENINGAFDELING

Vind die adres van die takkantoor op www.jw.org

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel