Inhoudsopgawe
15 September 2015
© 2015 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
STUDIE-UITGAWE
26 OKTOBER 2015–1 NOVEMBER 2015
Streef jy die volwassenheid na wat tot die Christus behoort?
BLADSY 3
2-8 NOVEMBER 2015
Is jou gewete ’n betroubare gids?
BLADSY 9
9-15 NOVEMBER 2015
BLADSY 15
16-22 NOVEMBER 2015
Hoe toon Jehovah dat hy ons liefhet?
BLADSY 21
23-29 NOVEMBER 2015
Hoe kan ons toon dat ons Jehovah liefhet?
BLADSY 27
STUDIEARTIKELS
▪ Streef jy die volwassenheid na wat tot die Christus behoort?
▪ Is jou gewete ’n betroubare gids?
In hierdie artikels sal ons leer hoe God se knegte al hoe nader aan Jehovah kan kom en hoe ons volwasse Christene kan word. Ons sal ook leer hoe om ons gewete op te lei en hoe ons dit kan gebruik om wyse besluite te neem.
▪ “Staan vas in die geloof”
Ons kan belangrike lesse oor geloof leer uit Petrus se poging om op die See van Galilea te loop. Hierdie artikel sal ons help om moontlike swakhede in ons geloof te identifiseer en sal toon hoe ons ons geloof kan versterk.
▪ Hoe toon Jehovah dat hy ons liefhet?
▪ Hoe kan ons toon dat ons Jehovah liefhet?
Jehovah se liefde vir ons en ons diep liefde vir hom verskaf ons ware geluk. In hierdie twee artikels sal ons bespreek hoe Jehovah sy liefde vir ons toon en hoe ons ons liefde vir hom kan toon.
VOORBLAD: Italiaanse verkondigers wat in die Chinese gemeente dien, gesels met toeriste in die stad Rome. Elke maand besoek honderde mense ons mobiele uitstallings, wat opgerig word naby plekke wat dikwels deur toeriste besoek word
ITALIË
BEVOLKING
60 782 668
VERKONDIGERS
251 650
PIONIERS
33 073
Die goeie nuus word in 37 vreemde tale deur meer as 24 000 verkondigers bekendgemaak