Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yb15 bl. 114-116
  • Die gevaar van inhegtenisneming

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die gevaar van inhegtenisneming
  • 2015 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Onderhofies
  • “Versigtig soos slange en tog onskuldig soos duiwe”
2015 Jaarboek van Jehovah se Getuies
yb15 bl. 114-116

DIE DOMINIKAANSE REPUBLIEK

Die gevaar van inhegtenisneming

“Versigtig soos slange en tog onskuldig soos duiwe”

Dit was noodsaaklik dat Jehovah se lojale knegte gedurende die verbod steeds geestelike voedsel ontvang, maar dit was ’n gevaarlike tyd vir ware aanbidders in die land. Gedurende daardie jare is baie broers in hegtenis geneem en etlike kere tot tronkstraf gevonnis.

“Toe ek in 1953 die waarheid geleer het”, verduidelik Juanita Borges, “het ek goed geweet dat ek, as een van Jehovah se Getuies, opgesluit kan word. En dit is presies wat gebeur het. In November 1958, terwyl ek suster Eneida Suárez besoek het, het die geheime polisie gekom en ons daarvan beskuldig dat ons ’n vergadering hou. Ons is tot drie maande tronkstraf gevonnis en moes elkeen ’n boete van 100 peso betaal—wat destyds gelyk was aan $100 (VSA).”

Prent op bladsy 115

Die geheime polisie het breedvoerige lyste omtrent ons broers en susters gehou.

Die regering het alles in sy vermoë gedoen om te voorkom dat die Getuies vergader, maar die broers het hulle nie laat keer nie. Hulle moes egter “versigtig soos slange en tog onskuldig soos duiwe” wees (Matt. 10:16). Andrea Almánzar vertel: “Wanneer ons die vergaderinge bygewoon het, moes ons op verskillende tye daar aankom. En dan is ons dikwels baie laat in die aand daar weg, want ons moes ook op verskillende tye loop om nie agterdog te wek nie.”

Jeremías Glass, wat gebore is terwyl sy pa, León, in die tronk was, het in 1957 op sewejarige ouderdom ’n verkondiger geword. Hy onthou nog die geheime vergaderinge wat in hulle huis gehou is en die voorsorgmaatreëls wat hulle getref het sodat niemand dit sou agterkom nie. “Almal teenwoordig is ’n stukkie karton gegee met ’n syfer daarop wat aangedui het in watter volgorde almal moet loop”, verduidelik Jeremías. “Wanneer ’n vergadering geëindig het, het my pa my by die deur laat staan om die syfers op die stukkies karton na te gaan en om vir diegene wat op pad uit was, te sê dat hulle twee-twee moet loop en in ’n ander rigting moet gaan as die vorige twee.”

Nog ’n voorsorgmaatreël was om vergaderinge te reël op tye wanneer die kans dat hulle gevang sou word, kleiner was. Byvoorbeeld, Mercedes García het die waarheid by haar oom, Pablo González, geleer. Toe sy slegs sewe jaar oud was, is haar ma oorlede terwyl haar pa in die tronk was. Sy en haar nege broers en susters het dus alleen agtergebly. Mercedes is in 1959 gedoop, toe sy nege jaar oud was. Om die dooptoespraak geheim te hou, het die broers dit halfvier die oggend gehou. Die toespraak is by ’n broer se huis gehou, en toe is die kandidate gedoop in die Ozamarivier, wat deur die hoofstad vloei. Mercedes sê: “Teen halfses die oggend, toe die res van die buurt net begin wakker word het, was ons al op pad huis toe.”

Groei ondanks vervolging

Ondanks hewige vervolging en negatiewe propaganda het die aantal verkondigers gedurende die verbod byna verdubbel.

  • 1950 - 292

  • 1960 - 495

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel