Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yb14 bl. 86-90
  • 1915-1947 Vroeë dae (Deel 1)

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • 1915-1947 Vroeë dae (Deel 1)
  • 2014 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Onderhofies
  • Die lig van die waarheid begin skyn
2014 Jaarboek van Jehovah se Getuies
yb14 bl. 86-90
Prent op bladsy 86

SIERRA LEONE EN GUINEE

1915-1947 Vroeë dae (Deel 1)

Die lig van die waarheid begin skyn

Die goeie nuus het Sierra Leone in 1915 bereik toe plaaslike inwoners met Bybellektuur uit Engeland teruggekeer het. Omstreeks Julie daardie jaar het die eerste gedoopte kneg van Jehovah in Freetown aangekom. Sy naam was Alfred Joseph. Hy was 31 jaar oud en is in Guyana, Suid-Amerika, gebore. Hy is vroeër daardie jaar in Barbados, in die Wes-Indiese Eilande, gedoop en het ’n werkskontrak as ’n treindrywer in Freetown aanvaar. Alfred het in die spoorwegkamp in Cline Town gaan woon, omtrent 3,2 kilometer van Freetown se kapokboom af. Hy het onmiddellik met sy werksmaats oor die Bybel se boodskap begin praat.

Tabel op bladsy 86

Die volgende jaar het ’n voormalige werksmaat van Barbados, Leonard Blackman, by Alfred aangesluit. Leonard se ma, Elvira Hewitt, was die eerste persoon wat met Alfred oor die waarheid gepraat het. Leonard het Alfred se buurman geword, en hulle het gereeld bymekaargekom om die Bybel te bespreek. Hulle het ook Bybellektuur onder vriende en ander belangstellendes versprei.

Alfred en Leonard het uitgevind dat Freetown se lande “wit is vir die oes” (Joh. 4:35). In 1923 het Alfred aan die wêreldhoofkwartier in New York geskryf en gesê: “Baie mense hier stel in die Bybel belang. Kan julle iemand stuur om na hulle om te sien en om die predikingswerk in Sierra Leone te help uitbrei?” Hy het die antwoord ontvang: “Iemand sal gestuur word!”

Prent op bladsy 88

William “Bible” Brown en sy vrou, Antonia

“Laat een Saterdagaand, etlike maande later, het ek ’n onverwagte oproep ontvang”, vertel Alfred.

“‘Het jy aan die Wagtoringgenootskap geskryf om predikers te vra?’ het ’n stem gevra.

“‘Ja’, het ek geantwoord.

“‘Wel, hulle het my gestuur’, het die stem gebulder.

“Die stem het aan William R. Brown behoort. Hy en sy vrou, Antonia, en hulle jong dogter het daardie dag daar aangekom en het by die Gainford-hotel gebly.

“Die volgende oggend was ek en Leonard besig met ons weeklikse Bybelstudie toe ’n indrukwekkende figuur in die deur verskyn het. Dit was William R. Brown. Hy was so ywerig vir die waarheid dat hy sommer die volgende dag ’n openbare lesing wou hou. Ons het dadelik die grootste saal in Freetown—Wilberforce Memorial Hall—bespreek en die eerste van vier openbare lesings vir die volgende Donderdagaand gereël.

“Ons klein groepie het die lesings deur middel van koerante en strooibiljette asook mondelings begin adverteer. Ons het gewonder hoe die plaaslike mense sou reageer, maar dit was nie vir ons nodig om bekommerd te wees nie. Die saal was stampvol, met omtrent 500 mense, insluitende baie van Freetown se geestelikes. Ons was verheug!”

Gedurende die uur lange toespraak het broer Brown dikwels uit die Skrif aangehaal, en hy het lanternskyfies gebruik om Bybeltekste op ’n skerm te werp. Hy het kort-kort gesê: “Dis nie wat Brown sê nie, maar wat die Bybel sê.” Die gehoor was verstom, en hulle het ná elke punt hande geklap. Dit was nie broer Brown se welsprekendheid wat hulle beïndruk het nie, maar sy kragtige skriftuurlike bewyse. Soos ’n jong kweekskoolstudent in die gehoor gesê het: “Mnr. Brown ken sy Bybel!”

Prent op bladsy 90

1924

Broer Brown se lesings het groot belangstelling in die stad gewek, en baie mense het daarna kom luister. Die volgende Sondag het nog ’n stampvol saal geluister na die toespraak: “Hel toe en terug—Wie is daar?” Die kragtige waarhede wat broer Brown daardie aand uiteengesit het, het selfs vooraanstaande kerkgangers uit hulle kerk laat bedank.

Die vierde en laaste lesing in die reeks, “Daar leef miljoene vandag wat nooit sal sterf nie”, het so ’n groot skare gelok dat ’n inwoner van Freetown later gesê het: “Die kerke moes hulle aanddienste kanselleer omdat al hulle lidmate broer Brown se lesing bygewoon het.”

Omdat broer Brown altyd die Bybel gebruik het en daarna verwys het as die hoogste gesag, het mense hom “Bible” Brown begin noem. Die bynaam het hom aangekleef en het regoor Wes-Afrika bekend geword. En William R. Brown het hierdie naam tot die einde van sy aardse loopbaan met trots gedra.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel