Jaarteks vir 2012
“U woord is die waarheid.”—JOHANNES 17:17.
Hoe dankbaar kan ons tog wees dat ons liefdevolle hemelse Vader die waarheid aan ons geopenbaar het! Sy Woord toon aan ons hoe ons ’n bevredigende lewe kan lei en hoe ons die lewe ten beste kan benut. Dit beskerm ons teen nuttelose en skadelike strewes, bevry ons van slawerny aan valse godsdiensleringe en gee ons ware gemoedsrus. Dit maak nou ons lewe sinvol en gee ons ’n wonderlike hoop vir die toekoms.
Die waarheid verenig ons met miljoene van ons broers oor die hele wêreld. Nog belangriker, Bybelwaarheid leer ons van Jehovah en toon hoe ons nader aan hom kan kom. Laat ons nooit dít wat Jehovah ons gegee het, as vanselfsprekend aanneem nie. Mag ons ons in die waarheid verbly en in al ons weë daardeur gerig word.