Titelblad/Uitgewersbladsy
2009 Jaarboek van Jehovah se Getuies
Sluit die rapport vir die 2008-diensjaar in
Hierdie boek behoort aan ․․․․․
‘Getuig deeglik van die goeie nuus.’—HAND. 20:24.
Die apostel Paulus het reeds drie sendingreise voltooi en het beproewinge sowel as seëninge ondervind. Nou was hy op pad na Jerusalem, waar hy glad nie ’n hartlike verwelkoming verwag het nie, aangesien “boeie en verdrukkinge” daar op hom gewag het (Hand. 20:23). Maar dit het hom nie afgeskrik nie. By Milete het hy vir die ouer manne van die gemeente in Efese gesê: “Ek [heg] geen waarde aan my siel asof dit vir my dierbaar is nie, as ek maar net my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om deeglik van die goeie nuus van die onverdiende goedhartigheid van God te getuig.”—Hand. 20:24.
Paulus het sy lewe kosbaar geag, maar die uitvoering van God se wil was sy eerste prioriteit. Jehovah se Getuies in alle wêrelddele voel ook so. Hoewel hulle, soos Jesus voorspel het, “vir al die nasies voorwerpe van haat” is, het God se knegte die goeie nuus na die uithoeke van die aarde geneem en getuig hulle moedig in feitlik elke nasie (Matt. 24:9). Mag die jaarteks vir 2009 jou aanspoor om sonder ophou voort te gaan om te getuig, waardeur jy jou waardering toon vir die onverdiende goedhartigheid van God.
[Foto-erkenning op bladsy 2]
Foto-erkennings: Bladsy 168: Franc Drozg, brief; Photo Archive-Museum of National Liberation Maribor, Slovenia