Titelblad/Uitgewersbladsy
2008 Jaarboek van Jehovah se Getuies
Sluit die rapport vir die 2007-diensjaar in
Hierdie boek behoort aan ․․․․․․․․․․․․․․․․․
“Staan vas en sien die redding van Jehovah.”—EKS. 14:13.
Die situasie het hopeloos gelyk. Ongeveer driemiljoen mans, vroue en kinders was vasgekeer op die westelike oewer van die Rooi See! Farao, wat woedend was oor en verneder is deur die Tien Plae wat Jehovah oor die Egiptenaars gebring het, het met sy krygsmag vorentoe gestorm soos honger leeus wat gretig op hulpelose prooi toesak. Die Israeliete was vreesbevange. “Moenie bang wees nie”, het Moses uitgeroep, “staan vas en sien die redding van Jehovah. . . . Jehovah sal vir julle veg.”—Eks. 14:13, 14.
In ’n ontsagwekkende magsvertoon het Jehovah sy volk verlos deur die Rooi See te verdeel. Hoe dikwels het Jehovah tog nie sy volk gered wanneer dit onmoontlik gelyk het nie! Jehovah veg vandag nog vir sy knegte, soos jy in al die ondervindinge in hierdie Jaarboek sal sien. Mag die jaarteks vir 2008, wat hierbo aangehaal word, jou geloof in al Jehovah se beloftes versterk en jou vertroue in sy liefdevolle leiding vergroot.
[Foto-erkennings op bladsy 2]
Foto-erkennings: Bladsy 66: Tsjoektsji: © B&C Alexander/Arcticphoto.com; bladsy 254: Sonsondergang: Foto: www.comstock.com