Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w26 Julie bl. 31
  • Herstel die skade vinnig!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Herstel die skade vinnig!
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2026
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom het my vriend my seergemaak?
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 2
  • Jehovah—Jou kennis of jou vriend?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Waarom kan ek nie vriende behou nie?
    Ontwaak!—1996
  • Kweek die beste vriendskap in die ganse heelal
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2026
w26 Julie bl. 31
’n Suster vra opreg om verskoning vir ’n ander suster in een van hulle huise.

Herstel die skade vinnig!

HET ’n broer of ’n suster jou al so seergemaak dat julle verhouding nou beskadig is? Om die skade te herstel en vriende te bly, moet jy vinnig en met die regte motief optree.a

Dink hieraan: ’n Gebreekte been moet behandel word sodat dit uiteindelik goed kan funksioneer sonder pyn. Maar as die gebreekte been nie onmiddellik behandel word nie, sal die pyn aanhou. Nog erger, die been sal dalk nooit heeltemal gesond word nie.

Soos ’n gebreekte been moet ’n beskadigde verhouding met ’n broer of ’n suster vinnig herstel word. Anders sal die pyn van ’n gebreekte vriendskap voortduur. Jy word dalk so ontsteld, en dit kan veroorsaak dat julle nooit weer vriende sal wees nie. Jesus het gesê: “Wees gou om dinge reg te stel” (Matt. 5:25). So gaan na jou vriend en praat liefdevol maar openlik oor die saak. Hoekom is dit dalk moeilik? Kyk na twee redes.

Eerstens, jy kom dalk in die versoeking om die situasie te ignoreer sonder om dit op te los, dalk omdat jy nie gemaklik voel om oor probleme te praat nie.b Dink aan Euodia en Sintige, Christensusters wat blykbaar nie ’n meningsverskil kon oplos nie. Hulle probleem het heel moontlik ’n lang tyd aangehou aangesien selfs die apostel Paulus, wat ver weg in Rome was, daarvan gehoor het. Hy het hulle aangemoedig om alles te doen wat hulle kon om vrede te maak (Fil. 4:2). Hulle vriendskap kon weer floreer het as hulle nederig was, openlik oor hulle probleem gepraat het en mekaar vergewe het.

Tweedens, jy verwag dalk dat die ander persoon sy fout moet erken. Maar jy wil julle vriendskap herstel, nie bewys wie reg en wie verkeerd is nie. ’n Dokter wat ’n gebreekte been behandel, sal daarop fokus om dit gesond te maak, nie om elke klein besonderheid oor hoe dit gebreek het, te ondersoek nie. Wanneer jy met jou vriend praat, moenie fokus op wie die skade veroorsaak het nie. Onthou eerder hoe kosbaar die vriendskap vir jou is, en fokus op wat jy moet doen om dit te herstel.

Hoekom praat jy nie vandag met jou broer of suster nie, met die doel om die skade te herstel en weer vriende te wees nie? “Moenie toelaat dat die son ondergaan terwyl julle nog kwaad is nie” (Ef. 4:26). Deur stappe te neem om die skade vinnig te herstel, sal jy help om die “verenigende band van vrede” te beskerm. – Ef. 4:​1-3.

a As ’n meningsverskil tussen twee Christene ontstaan, moet dit in die privaat hanteer word en moet hulle mekaar vryelik vergewe (Matt. 5:​23, 24). Wanneer daar ernstige persoonlike verskille is, is die hulp van die ouermanne dalk soms nodig (Matt. 18:17). Maar ’n Christen sal sulke hulp slegs vra nadat die stappe in Matteus 18:​15, 16 gevolg is.

b As ’n broer of ’n suster ons aanstoot gegee het, maar ons vriendskap nie beskadig is nie, kan ons kies om dit eenvoudig oor te sien. – Spr. 26:20.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel