Inleiding
Wil jy graag in ’n wêreld sonder oorlog of gewelddadige konflik lewe? Baie mense glo dat hierdie idee te goed is om waar te wees. Die Bybel wys hoekom mense se pogings om ’n einde aan oorlog te maak, misluk het. Dit verduidelik ook hoekom jy seker kan wees dat wêreldwye vrede wel moontlik is en dat dit binnekort sal gebeur.
In hierdie tydskrif verwys die terme “oorlog” en “konflik” na die gevegte tussen gewapende groepe om ’n politieke doel te bereik. Die name van party van die persone wat aangehaal word, is verander.