Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w20 Maart bl. 24-29
  • Ons moet mekaar intens liefhê

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons moet mekaar intens liefhê
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • WEES ’N VREDEMAKER
  • WEES ONPARTYDIG
  • WEES GASVRY
  • ‘Streef jy na gasvryheid’?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Die lieflike weg van gasvryheid — Iets wat dringend nodig is!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Hou aan groei in jou liefde
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • Los geskille in ’n gees van liefde op
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
w20 Maart bl. 24-29

STUDIEARTIKEL 13

Ons moet mekaar intens liefhê

“Julle moet mekaar . . . intens liefhê uit die hart.” – 1 PET. 1:22.

LIED 109 Toon intense liefde uit die hart

IN HIERDIE ARTIKELa

Jesus is besig om met sy getroue apostels te praat.

Op die laaste aand saam met sy apostels, het Jesus gewys hoe belangrik liefde is (Sien paragraaf 1-2)

1. Watter duidelike opdrag het Jesus sy dissipels gegee? (Sien prent op voorblad.)

DIE aand voor Jesus se dood het hy ’n duidelike opdrag vir sy dissipels gegee. Hy het vir hulle gesê: “Net soos ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.” Toe sê hy verder: “So sal almal weet dat julle my dissipels is – as julle liefde vir mekaar het.” – Joh. 13:34, 35.

2. Hoekom is dit belangrik dat ons mekaar moet liefhê?

2 Jesus het gesê dat almal duidelik sou sien wie sy ware dissipels is as hulle mense liefhet soos hy mense liefgehad het. Dit was waar in die eerste eeu en dit is vandag ook waar. Daarom is dit baie belangrik dat ons mekaar moet liefhê selfs wanneer dit moeilik is!

3. Wat sal ons in hierdie artikel bespreek?

3 Ons is almal onvolmaak, en daarom is dit moeilik om mekaar intens lief te hê. Maar ons moet nog steeds probeer om Christus na te volg. In hierdie artikel sal ons leer hoe liefde ons help om vredemakers, onpartydig en gasvry te wees. Terwyl jy hierdie artikel studeer, vra jou af: ‘Wat kan ek uit die voorbeeld van broers en susters leer wat aangehou het om mekaar lief te hê, al was dit moeilik?’

WEES ’N VREDEMAKER

4. Hoekom moet ons volgens Matteus 5:23, 24 vrede met ’n broer maak wat iets teen ons het?

4 Jesus het ons geleer hoe belangrik dit is om vrede met ’n broer te maak wat iets teen ons het. (Lees Matteus 5:23, 24.) Hy het beklemtoon dat ons goeie verhoudings met ander moet hê as ons God gelukkig wil maak. Jehovah is bly wanneer ons ons bes doen om vrede met ons broers te maak. Hy sal nie ons aanbidding aanvaar as ons kwaad bly en nie eers probeer om vrede te maak nie. – 1 Joh. 4:20.

5. Hoekom was dit vir een broer moeilik om vrede te maak?

5 Ons vind dit dalk moeilik om vrede te maak. Hoekom? Kyk wat met Mark gebeur het.b Dit het hom seergemaak toe ’n broer hom gekritiseer het en slegte dinge van hom vir ander in die gemeente vertel het. Hoe het Mark gereageer? Hy sê: “Ek het my humeur verloor en kwaad geword.” Maar ná die tyd het hy sleg gevoel oor hoe hy gereageer het. Hy het vir die broer jammer gesê en probeer om vrede te maak. Maar die broer wou niks daarvan weet nie. Mark het eers gedink: ‘Hoekom moet ek aanhou probeer om vrede te maak as hy nie wil nie?’ Maar die kringopsiener het hom aangemoedig om nie moed op te gee nie. Wat het Mark gedoen?

6. (a) Hoe het Mark vrede probeer maak? (b) Hoe het Mark Kolossense 3:13, 14 toegepas?

6 Mark het oor sy gesindheid gedink en besef dat hy soms gedink het dat hy beter as ander is. Hy het besef dat hy sy gesindheid moes verander (Kol. 3:8, 9, 12). Hy het weer nederig na die broer toe gegaan en jammer gesê vir hoe hy gereageer het. Mark het ook briewe vir die broer geskryf en gesê hoe jammer hy is en dat hy graag wil hê dat hulle weer vriende moet wees. Mark het selfs klein geskenkies vir die broer gegee wat hy gedink het hy sou van hou. Ongelukkig het die broer hom nie vergewe nie en vir hom kwaad gebly. Maar Mark het aangehou om Jesus se opdrag te gehoorsaam om sy broer lief te hê en te vergewe. (Lees Kolossense 3:13, 14.) Selfs wanneer ander nie op ons pogings reageer om vrede te maak nie, sal Christelike liefde ons help om aan te hou om hulle te vergewe en om te bid dat ons weer vrede met hulle sal hê. – Matt. 18:21, 22; Gal. 6:9.

Collage: ’n Suster probeer oor en oor om liefde te betoon aan ’n vriend wat sy seergemaak het. 1. Die suster wat seergemaak is, weier om met haar vriend oor die foon te praat. 2. Die suster wat seergemaak is, weier om ’n geskenk van haar vriend te aanvaar. 3. Die suster wat seergemaak is, luister terwyl haar vriend vir haar sê hoe lief sy vir haar is.

Wanneer iemand iets teen ons het, moet ons dalk verskillende dinge probeer om vrede te maak (Sien paragraaf 7-8)c

7. (a) Wat het Jesus ons aangemoedig om te doen? (b) In watter moeilike situasie was ’n suster?

7 Jesus het ons aangemoedig om aan te hou om ander te behandel soos ons behandel wil word. Hy het ook gesê dat ons nie net lief moet wees vir mense wat vir ons lief is nie (Luk. 6:31-33). Al is dit nie algemeen nie, wat as iemand in die gemeente jou vermy en jou nie wil groet nie? Dit is wat met Lara gebeur het. Sy sê: “’n Suster het my geïgnoreer, en ek het nie geweet hoekom nie. Dit het baie stres vir my veroorsaak, en ek het dit nie geniet om vergaderinge toe te gaan nie.” Lara het eers gedink: ‘Ek het niks verkeerds gedoen nie. En ander in die gemeente dink ook dat hierdie suster snaaks optree.’

8. Wat het Lara gedoen om vrede te maak, en wat kan ons uit haar ondervinding leer?

8 Lara het iets gedoen om vrede te maak. Sy het tot Jehovah gebid en besluit om met die suster te praat. Hulle het oor die probleem gepraat, mekaar ’n drukkie gegee en vrede gemaak. Dit het gelyk of alles oukei is. Lara sê: “Maar later het die suster dieselfde gesindheid teenoor my gehad as wat sy vroeër gehad het. Dit het my baie mismoedig laat voel.” Lara het eers gedink dat sy net gelukkig sou wees as die ander suster haar gesindheid verander. Maar Lara het later besef dat die beste ding wat sy kon doen, is om aan te hou om haar suster met liefde te behandel en haar ‘vryelik te vergewe’ (Ef. 4:32–5:2). Lara het onthou dat ware Christelike liefde ‘nie boekhou van slegte dinge nie’. “Dit verdra alles, glo alles, hoop alles, verduur alles” (1 Kor. 13:5, 7). Lara was nie meer bekommerd oor die probleem nie. Later was die suster vriendeliker met haar. Wanneer jy aanhou probeer om vrede met jou broers en susters te maak en hulle lief te hê, kan jy seker wees dat “die God van liefde en vrede met [jou sal] wees”. – 2 Kor. 13:11.

WEES ONPARTYDIG

9. Hoekom moet ons volgens Handelinge 10:34, 35 onpartydig wees?

9 Jehovah is nie partydig nie. (Lees Handelinge 10:34, 35.) Wanneer ons onpartydig is, wys ons dat ons sy kinders is. Ons is gehoorsaam aan die opdrag om ons naaste lief te hê soos onsself en ons help om die vrede met ons broers en susters te behou. – Rom. 12:9, 10; Jak. 2:8, 9.

10-11. Hoe het ’n suster haar negatiewe gevoelens oorkom?

10 Vir party is dit dalk nie maklik om onpartydig te bly nie. Kyk byvoorbeeld wat met ’n suster met die naam Ruth gebeur het. Toe sy ’n tiener was, het sy ’n slegte ondervinding gehad met iemand wat van ’n ander land was. Watter uitwerking het dit op haar gehad? Ruth erken: “Ek het alles omtrent daardie land gehaat. Ek het gedink dat almal van daardie plek dieselfde is, selfs die broers en susters.” Hoe het Ruth haar negatiewe gevoelens oorkom?

11 Ruth het besef dat sy teen haar negatiewe gevoelens moes stry. Sy het ondervindinge en verslae oor daardie land in die Jaarboek gelees. Sy sê: “Ek het moeite gedoen om positief te wees oor die mense van daardie land. Ek het begin sien dat die broers en susters Jehovah ywerig dien. Dit het vir my duidelik geword dat hulle ook deel is van ons wêreldwye broederskap.” Later het Ruth besef dat sy meer moes doen. Sy verduidelik: “Wanneer ek broers en susters van daardie land ontmoet het, het ek uit my pad uit gegaan om vriendelik met hulle te wees. Ek het met hulle gepraat en hulle beter leer ken.” Wat was die resultaat? Ruth sê: “Later het my negatiewe gevoelens verdwyn.”

By ’n Koninkryksaal lag twee paartjies vir iets op ’n selfoon. In die agtergrond gesels drie jong broers lekker saam. ’n Ouer broer lyk mismoedig omdat niemand hom vra om saam met hulle te gesels nie.

As ons intense liefde vir “die hele gemeenskap van broers” het, sal ons dit vermy om partydig te wees (Sien paragraaf 12-13)d

12. Watter probleem het Sarah gehad?

12 Party is dalk partydig sonder dat hulle dit besef. Sarah het byvoorbeeld gedink dat sy onpartydig is omdat sy niemand geoordeel het as gevolg van hulle ras, hoeveel geld hulle het of hoeveel verantwoordelikhede hulle in die organisasie het nie. Maar sy erken: “Ek het begin besef dat ek wel partydig is.” Op watter manier? Almal in Sarah se familie was geleerde mense en sy het verkies om met mense van dieselfde agtergrond te assosieer. Sy het eenkeer selfs vir ’n vriend gesê: “Ek assosieer met broers en susters wat geleerd is. Ek vermy dié wat nie is nie.” Dit is duidelik dat Sarah haar gesindheid moes verander. Hoe?

13. Wat kan ons leer uit hoe Sarah haar gesindheid verander het?

13 ’n Kringopsiener het Sarah gehelp om haar gesindheid te ondersoek. Sy sê: “Hy het my geprys vir my getroue diens, goeie kommentare en kennis van die Bybel. Toe het hy verduidelik dat terwyl ons meer kennis opdoen, moet ons ook Christelike eienskappe soos nederigheid, beskeidenheid en genade aanleer.” Sarah het toegepas wat die kringopsiener vir haar gesê het. Sy sê: “Ek het besef dat wat regtig saak maak, is dat ons vriendelik en liefdevol is.” As gevolg hiervan het sy haar broers en susters anders begin sien. Sy verduidelik: “Ek het probeer verstaan watter eienskappe hulle kosbaar in Jehovah se oë maak.” Wat van ons? Ons wil nooit dink dat ons beter as ander is as gevolg van ons opvoeding nie! As ons intense liefde vir “die hele gemeenskap van broers” het, sal ons dit vermy om partydig te wees. – 1 Pet. 2:17.

WEES GASVRY

14. Hoe voel Jehovah wanneer ons gasvry teenoor ander is, volgens Hebreërs 13:16?

14 Dit maak Jehovah baie bly wanneer ons gasvry is. (Lees Hebreërs 13:16.) Hy beskou dit as deel van ons aanbidding, veral as ons dié help wat hulp nodig het (Jak. 1:27; 2:14-17). Daarom moedig die Bybel ons aan om ‘altyd gasvry te wees’ (Rom. 12:13). Wanneer ons gasvry is, wys ons vir ander dat ons regtig vir hulle omgee, hulle liefhet en hulle vriende wil wees. As ons vir ander iets gee om te eet of te drink of tyd saam met hulle spandeer, maak dit Jehovah baie bly (1 Pet. 4:8-10). Maar sekere dinge kan dit vir ons moeilik maak om gasvry te wees.

’n Suster in haar huis wys ’n paartjie, wat op ’n konstruksieprojek werk, hulle kamer.

“In die verlede was ek nie baie gasvry nie, maar ek het verander, en dit het my baie gelukkig gemaak” (Sien paragraaf 16)e

15-16. (a) Hoekom voel party dat hulle nie gasvry kan wees nie? (b) Wat het Edit gehelp om gasvry te wees?

15 Ons voel dalk dat ons nie gasvry kan wees nie as gevolg van ons omstandighede. Kyk na die voorbeeld van ’n weduwee met die naam Edit. Voordat sy ’n Getuie geword het, het sy verkies om nie te veel tyd met ander te spandeer nie. Edit het gevoel dat ander in ’n beter posisie is om gasvry te wees.

16 Nadat sy ’n Getuie geword het, het sy anders begin dink. Sy het dinge begin doen om gasvry te wees. Sy sê: “Toe ons besig was om ons Koninkryksaal te bou, het ’n ouerman my van ’n paartjie vertel wat met die projek sou kom help, en hy het my gevra of ek blyplek vir hulle kon gee vir twee weke. Ek het onthou hoe Jehovah die weduwee van Sarfat geseën het” (1 Kon. 17:12-16). Edit het ingestem om vir die paartjie blyplek te gee. Is sy geseën? Sy sê: “Twee weke het twee maande geword. Gedurende daardie tyd het ons goeie vriende geword.” Edit is ook met goeie vriende in die gemeente geseën. Sy is nou ’n pionier en sy geniet dit om die broers en susters wat saam met haar in die veld gewerk het, ná die tyd oor te nooi. Sy sê: “Dit laat my goed voel om te gee! En die waarheid is dat ek baie meer seëninge terug ontvang.” – Heb. 13:1, 2.

17. Wat het Luke en sy vrou besef?

17 Miskien is ons alreeds gasvry, maar kan ons verbeter? Luke en sy vrou is byvoorbeeld baie gasvry. Hulle was in die gewoonte om hulle ouers, familielede, vriende en die kringopsiener en sy vrou oor te nooi. Maar Luke sê: “Ons het besef dat ons net mense oornooi wat baie na aan ons is.” Wat het Luke en sy vrou gedoen om meer gasvry te wees?

18. Wat het Luke en sy vrou gedoen om meer gasvry te wees?

18 Luke en sy vrou het besef wat dit beteken om regtig gasvry te wees nadat hulle oor Jesus se woorde gedink het: “As julle die mense liefhet wat vir julle lief is, watter beloning het julle?” (Matt. 5:45-47). Hulle het besef dat hulle Jehovah moes navolg, wat vrygewig teenoor almal is. So hulle het besluit om broers en susters oor te nooi wat hulle nog nie oorgenooi het nie. Luke sê: “Ons almal geniet dit baie om saam te kuier. Almal voel aangemoedig en opgebou.”

19. Hoe wys ons dat ons Jesus se dissipels is, en wat is jy vasbeslote om te doen?

19 Ons het gesien hoe intense liefde vir mekaar ons kan help om vredemakers, onpartydig en gasvry te wees. Ons moet enige negatiewe gevoelens oorkom en ons broers en susters intens uit die hart liefhê. As ons dit doen, sal ons gelukkig wees en sal ons wys dat ons regtig Jesus se dissipels is. – Joh. 13:17, 35.

HOE KAN ONS WYS DAT ONS INTENSE LIEFDE HET DEUR . . .

  • vredemakers te wees?

  • onpartydig te wees?

  • gasvry te wees?

LIED 88 Maak u weë aan my bekend

a Jesus het gesê dat liefde die kenmerk van ware Christene is. Liefde vir ons broers en susters motiveer ons om vredemakers, onpartydig en gasvry te wees. Dit is dalk nie altyd maklik nie. Hierdie artikel gee praktiese voorstelle oor hoe om aan te hou om mekaar intens uit die hart lief te hê.

b Party name in hierdie artikel is verander.

c BESKRYWING VAN PRENT: ’n Suster probeer om vrede te maak. Aan die begin is sy nie suksesvol nie. Maar sy probeer weer. Omdat sy aanhou om liefde te betoon, is daar weer vrede tussen hulle.

d BESKRYWING VAN PRENT: ’n Ouer broer voel dat ander in die gemeente hom nie by hulle geselskap insluit nie.

e BESKRYWING VAN PRENT: ’n Suster wat aan die begin nie gasvry was nie, het anders begin dink. Sy is nou gasvry, en dit maak haar baie gelukkig.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel