23-29 MAART
JESAJA 48-49
Lied 89 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)
1. Luister na Jehovah en geniet die voordele
(10 min.)
Jehovah leer sy knegte (Jes 48:17; lff les 35: Punt 1)
Ons moet kies om na Jehovah te luister (Jes 48:18a; ijwbq artikel 44 ¶2-3)
Dan sal ons vrede “soos ’n rivier word,” en ons regverdigheid “soos die golwe van die see” (Jes 48:18b; lv 199 ¶8)
DEFINISIE: Die Hebreeuse woord wat as “vrede” vertaal word, kan die gedagte van gesondheid, veiligheid, krag, vriendskap en volledigheid oordra.
2. Geestelike skatte
(10 min.)
Jes 48:17 – Hoe help dit ons wanneer ons by ons vergaderinge antwoord? (w19.01 10 ¶7)
Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?
3. Bybelleesgedeelte
(4 min.) Jes 48:9-20 (th studie 11)
4. Begin ’n gesprek
(3 min.) INFORMELE GETUIENISWERK. Nooi ’n onbedrywige familielid na die spesiale toespraak en die Gedenkmaal (lmd les 5: Punt 3).
5. Volg op
(4 min.) INFORMELE GETUIENISWERK. Verduidelik vir iemand wat daaraan dink om die Gedenkmaal by te woon wat daar gaan gebeur (lmd les 9: Punt 3).
6. Volg op
(5 min.) INFORMELE GETUIENISWERK. Ná die Gedenkmaaltoespraak, beantwoord die vrae van ’n belangstellende (lmd les 8: Punt 3).
Lied 107
7. Vind baat by die belangrikste dag van die jaar
(15 min.) Bespreking.
Wanneer ons elke jaar die Gedenkmaal bywoon, gee dit ons die geleentheid om gehoorsaam te wees aan Jesus se bevel en om ons waardering te wys vir Jehovah se geskenk van die losprys (Lu 22:19). Maar dit is ook ’n geleentheid om ons te herinner aan hoe baie Jehovah en sy Seun ons liefhet (Ga 2:20; 1Jo 4:9, 10). Wat kan ons doen om ons harte vir die Gedenkmaal voor te berei en om ons dankbaarheid teenoor Jehovah vir die losprys te wys? Hoe kan ons belangstellendes help om dit ook te doen?
Lees en dink elke dag na oor ’n gedeelte van die Bybellees vir die Gedenkmaal
Dink na oor die geskenk van die losprys en oor hoe jy op ’n manier kan lewe wat jou waardering daarvoor wys
Ondersteun die kampanje ten volle deur familie, mense in die gebied en dié wat jy ken, na die spesiale toespraak en Gedenkmaal te nooi
Verwelkom besoekers by die Gedenkmaal op ’n liefdevolle en vriendelike manier. Alhoewel jy spesiale aandag sal gee aan dié wat jy persoonlik uitgenooi het, wees gereed om dié te help wat ’n uitnodiging deur middel van die kampanje gekry het en nooi hulle om by jou te sit
Wees gereed om besoekers se vrae te beantwoord
Wees gereed om dié te verwelkom wat onbedrywig is. Ouermanne sal veral gereed wees om dié te verwelkom wat een van Jehovah se Getuies was
Speel die VIDEO Jesus “het gekom om te soek en te red wat verlore was”. Vra dan vir die gehoor:
Wat het jy geleer oor hoekom dit belangrik is om onbedrywiges liefdevol by die Gedenkmaal te verwelkom?
8. Gemeentelike Bybelstudie
(30 min.) lfb les 72-73