5-11 JANUARIE
JESAJA 17-20
Lied 153 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)
1. Die uiteinde van dié wat ons sleg behandel
(10 min.)
Die Bybel vergelyk die mensdom met ’n onstuimige see (Jes 17:12; w18.06 7 ¶16)
Ons verwag om deur hierdie wêreld sleg behandel te word as gevolg van ons neutraliteit (Joh 15:18, 19; w16.04 22 ¶4)
Jehovah sal ons binnekort red van dié wat ons sleg behandel (Jes 17:13, 14; ip-1 198 ¶20)
2. Geestelike skatte
(10 min.)
Jes 20:2 – Het Jesaja regtig drie jaar lank heeltemal kaal rondgeloop? (w06 12/1 11 ¶1)
Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?
3. Bybelleesgedeelte
(4 min.) Jes 19:1-12 (th studie 11)
4. Begin ’n gesprek
(3 min.) HUIS TOT HUIS. Deel ’n waarheid uit Aanhangsel A van die Wees lief vir mense-brosjure met iemand wat getroud is (lmd les 2: Punt 3).
5. Volg op
(4 min.) HUIS TOT HUIS. Bied ’n Bybelstudie aan (lmd les 8: Punt 4).
6. Toespraak
(5 min.) lmd Aanhangsel A: Punt 14 – Tema: God wil hê dat ons tot hom moet bid (th studie 8).
Lied 148
7. ‘Dink aan die Rots van jou vesting’
(10 min.) Bespreking.
Jehovah is die Rots van ons vesting (Jes 17:10). Hy red dié wat beskerming by hom soek (Ps 144:1, 2). Alhoewel Jehovah nie altyd teenstand verwyder nie, gee hy altyd vir sy vriende wat hulle nodig het om te volhard. – 1Kor 10:13.
Een manier hoe ons wys dat ons aan Jehovah dink, is deur gehoorsaam aan hom te wees. Speel die VIDEO Leer by Jehovah se vriende – Hananja, Misael en Asarja. Nooi ’n paar kinders na die verhoog en bespreek die volgende vrae met hulle, of vra vir die gehoor:
Hoe het Jehovah sy vriende gered? – Da 3:24-28
Hoe het Hananja, Misael en Asarja gewys dat hulle Jehovah se vriende is?
Wanneer is dit vir jou moeilik om Jehovah te gehoorsaam?
Wat kan jy doen om Jehovah te gehoorsaam?
8. Maak elke dag tyd om by Jehovah se vriende te leer
(5 min.) Bespreking.
Die reeks Leer by Jehovah se vriende was ontwerp vir kinders wat leer lees. Dit leer hulle oor mense wat lief was vir Jehovah. Elke video moedig kinders aan om ‘elke dag tyd te maak om by Jehovah se vriende te leer’.
Hoe kan jy elke dag tyd maak om oor Jehovah en sy vriende te leer?
Oor watter Bybelkarakters wil jy graag meer leer, en hoekom?
9. Gemeentelike Bybelstudie
(30 min.) lfb les 50, inleiding tot deel 9 en les 51