DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Kenmerke wat jou kan help wanneer jy Geniet die lewe vir ewig! gebruik
Geniet jy dit om die video’s en die beskouingsvrae in die boek Geniet die lewe vir ewig! te gebruik? Wat van die dele “Party mense sê”, “Doelwit” en “Leer meer”? Watter ander kenmerke sal jou dalk help wanneer jy ’n Bybelstudie hou? – Mt 28:19, 20.
Media: Hoe kan jy maklik toegang tot al die video’s en ander media op een plek kry, as jy verkies om ’n gedrukte boek tydens ’n Bybelstudie te gebruik? Kies een van die vier hoofdele in die elektroniese boek. Aan die onderkant van die lys van lesse kan jy al die media vir daardie spesifieke deel kies. (Sien prentjie 1.)
“Gedrukte uitgawe”-opsie: As jy ’n elektroniese toestel gebruik wanneer jy ’n Bybelstudie hou, sal dit jou dalk help om die “Gedrukte uitgawe”-opsie gedurende die studie te gebruik. Terwyl jy in die les is, tik op die drie kolletjies bo-aan die app en kies die opsie “Gedrukte uitgawe”. Hierdie uitleg kan jou help om te sien hoe die inligting wat jy bespreek, verband hou met die hooftema van die les. Om terug te gaan na die digitale uitgawe, tik weer op die drie kolletjies en kies die opsie “Digitale uitgawe”.
“Is ek gereed?”: Hierdie vensters aan die einde van die boek bespreek die basiese kwalifikasies om saam met die gemeente te preek en gedoop te word. (Sien prentjie 2.)
Eindnotas: Eindnotas gee nog inligting oor sekere belangrike onderwerpe. Die elektroniese boek bevat ’n skakel aan die einde van elke eindnota wat jou sal terugneem na waar jy opgehou het in die les. (Sien prentjie 2.)
Dit sal goed wees om die boek Geniet die lewe vir ewig! met progressiewe Bybelstudente te voltooi, al word hulle gedoop voordat hulle die boek klaar gestudeer het. Jy kan nog steeds die tyd, die herbesoeke en die studie tel, al is die student klaar gedoop. As ’n verkondiger saam met jou na die studie gaan en deelneem, kan hy of sy ook die tyd tel.