Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb22 Julie bl. 3
  • Pionier

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Pionier
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2022
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Prysenswaardige doelwit vir die nuwe diensjaar
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • Hulppionierdiens—Het jy dit al probeer?
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Benodig—10 000 hulppioniers
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Gaan ons dit weer doen? Nog ’n oproep om hulppioniers
    Ons Koninkryksbediening—1998
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2022
mwb22 Julie bl. 3
’n Jong vrou, haar ouers en haar ouma bespreek hulle roosters saam.

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE | STEL DOELWITTE VIR DIE NUWE DIENSJAAR

Pionier

Ons maak goed gebruik van ons energie wanneer ons doelwitte stel om meer in Jehovah se diens te doen (1Kor 9:26). Doelwitte help ons om ons tyd op die beste manier te gebruik voordat die einde kom (Ef 5:15, 16). Julle kan gedurende julle gesinsaanbidding die doelwitte bespreek wat julle vir die nuwe diensjaar wil stel. Om jou hiermee te help, is daar verskillende artikels in hierdie vergaderingwerkboek oor moontlike doelwitte waaroor jy kan dink en bid. – Jak 1:5.

Byvoorbeeld, kan almal in die gesin saamwerk sodat ten minste een persoon ’n gewone pionier kan word? As jy nie seker is of jy die uurvereiste kan bereik nie, praat met party pioniers wat dieselfde omstandighede as jy het (Spr 15:22). Dalk kan jy selfs ’n onderhoud hou met ’n pionier gedurende julle gesinsaanbidding. Skryf dan moontlike roosters neer. As jy in die verlede gepionier het, kyk of jou omstandighede jou dalk nou toelaat om weer te pionier.

Kan iemand in jou gesin ’n maand of langer hulppionierdiens doen? As jy nie baie energie het nie, kan jy hulppionierdiens doen deur ’n bietjie tyd elke dag aan die bediening te spandeer. As jy min tyd gedurende die week het om velddiens te doen omdat jy voltyds werk of skoolgaan, kan jy ’n maand kies wanneer jy met vakansie is of wat vyf naweke het. Skryf op ’n kalender neer wanneer jy beplan om hulppionierdiens te doen, en werk ’n rooster uit. – Spr 21:5.

KYK NA DIE VIDEO WEES ’N MOEDIGE . . . PIONIER, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAAG:

  • Wat leer suster Aamand se ondervinding ons oor hoe Jehovah liefdevol sorg vir dié wat opofferings maak om te pionier?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel