Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb21 Julie bl. 9
  • Bereik die hart

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bereik die hart
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2021
  • Soortgelyke materiaal
  • Vra vrae
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2021
  • Gebruik God se Woord
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2021
  • Aanvaar Jehovah se hulp deur gebed
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2021
  • Help jou Bybelstudente om onrein gewoontes af te leer
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2022
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2021
mwb21 Julie bl. 9

LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING | VERGROOT JOU VREUGDE IN DIE BEDIENING

Bereik die hart

Gehoorsaamheid aan God kom uit die hart (Spr 3:1). Daarom moet ons, wanneer ons ander onderrig, probeer om hulle hart te bereik. Hoe?

Moenie net vir jou student Bybelwaarhede leer nie, maar help hom om te sien hoe dit met sy lewe en sy verhouding met Jehovah verband hou. Help hom om te verstaan hoe Bybelstandaarde ’n bewys is van God se liefde, goedheid en regverdigheid. Vra vir hom taktvolle vrae wat hom sal help om te besef hoe hy voel oor die dinge wat hy leer. Help hom om te redeneer oor hoe dit hom persoonlik sal help as hy ’n verkeerde gesindheid of gewoonte verander. Wanneer jy sien dat jou student Jehovah uit die hart liefhet, sal jy groter vreugde hê.

KYK NA DIE VIDEODRAMATISERING ERVAAR DIE VREUGDE VAN DIE DISSIPELMAAKWERK – VERBETER JOU VAARDIGHEDE – BEREIK DIE HART, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • ’n Toneel uit die video ‘Ervaar die vreugde van die dissipelmaakwerk – Verbeter jou vaardighede – Bereik die hart’. Neeta vra vir Jade ’n vraag gedurende hulle Bybelstudie.

    Hoekom het Neeta vir Jade gevra: “Het jy toe verder gedink aan waaroor ons Maandag gepraat het?”

  • ’n Toneel uit die video ‘Ervaar die vreugde van die dissipelmaakwerk – Verbeter jou vaardighede – Bereik die hart’. Neeta redeneer uit die Bybel.

    Hoe het Neeta vir Jade gehelp om te sien hoe Bybelstandaarde verband hou met Jehovah se liefde vir haar?

  • ’n Toneel uit die video ‘Ervaar die vreugde van die dissipelmaakwerk – Verbeter jou vaardighede – Bereik die hart’. Jade luister na Neeta.

    As ons ons student se hart bereik, sal dit hom of haar motiveer om vordering te maak

    Hoe het Neeta vir Jade gehelp om te redeneer oor hoe sy haar liefde vir God kan wys?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel