Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb21 Julie bl. 3
  • Betoon meegevoel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Betoon meegevoel
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2021
  • Soortgelyke materiaal
  • Empatie—Die sleutel tot goedhartigheid en medelye
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Het God meegevoel met jou?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2018
  • Wys meegevoel
    Ontwaak! – 2020
  • Vra vrae
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2021
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2021
mwb21 Julie bl. 3

LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING | VERGROOT JOU VREUGDE IN DIE BEDIENING

Betoon meegevoel

Meegevoel is die vermoë om te verstaan hoe ander mense dink en voel, wat hulle waardes is en wat hulle nodig het. As ons meegevoel het, sal ons ander regtig wil help, en hulle sal dit maklik agterkom. As ons meegevoel betoon wanneer ons velddiens doen, volg ons Jehovah se liefde en sorg na, en dit sal mense na hom toe trek. − Flp 2:4.

Om meegevoel te betoon is nie net ’n tegniek wat ons gebruik wanneer ons preek nie − die manier waarop ons luister en praat asook ons gesindheid, gebare en gesigsuitdrukkings wys dat ons regtig meegevoel het. Ons wys dat ons meegevoel het deur ons opregte belangstelling in iemand anders. Ons let op waarin die persoon belangstel, wat hy glo en wat sy omstandighede is. Ons gee praktiese inligting en hulp, maar dwing niemand om te verander nie. Wanneer mense hierdie hulp aanvaar, gee dit ons groter vreugde in die bediening.

KYK NA DIE VIDEODRAMATISERING ERVAAR DIE VREUGDE VAN DIE DISSIPELMAAKWERK – VERBETER JOU VAARDIGHEDE – BETOON MEEGEVOEL, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • ’n Toneel uit die video ‘Ervaar die vreugde van die dissipelmaakwerk – Verbeter jou vaardighede – Betoon meegevoel’. Jade verduidelik in ’n koffiewinkel hoekom sy nie daardie dag haar Bybelstudie kan hê nie.

    Hoe het Neeta gewys dat sy meegevoel het toe Jade laat was?

  • ’n Toneel uit die video ‘Ervaar die vreugde van die dissipelmaakwerk – Verbeter jou vaardighede – Betoon meegevoel’. Neeta luister met meegevoel.

    Hoe het Neeta gewys dat sy meegevoel het toe Jade gesê het dat sy te veel stres het om haar studie te hê?

  • ’n Toneel uit die video ‘Ervaar die vreugde van die dissipelmaakwerk – Verbeter jou vaardighede – Betoon meegevoel’. Neeta help Jade om haar deurmekaar kamer netjies te maak.

    Mense word na Jehovah getrek wanneer ons meegevoel met hulle het

    Hoe het Neeta gewys dat sy meegevoel het toe Jade gesê het dat sy nie goed georganiseerd is nie?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel