19-25 Oktober
EKSODUS 35-36
Lied 92 en gebed
Inleidende kommentaar (1 min.)
SKATTE UIT GOD SE WOORD
“Toegerus om Jehovah se werk te doen”: (10 min.)
Eks 35:25, 26 – Jehovah het die gewillige gees van sy volk geseën (w14 12/15 4 ¶4)
Eks 35:30-35 – Heilige gees het Besaleël en Oholiab toegerus vir “elke soort werk” (w11 12/15 18 ¶6)
Eks 36:1, 2 – Jehovah het tereg die eer vir hulle werk gekry (w11 12/15 19 ¶7)
Soek na geestelike skatte: (10 min.)
Eks 35:1-3 – Wat kan ons uit die Sabbatswet leer? (w05 5/15 23 ¶14)
Eks 35:21 – Hoe is die vrygewigheid van die Israeliete ’n uitstekende voorbeeld vir ons? (w00 11/1 29 ¶1)
Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte ontdek oor Jehovah, die veldbediening of iets anders?
Bybelleesgedeelte: (4 min. of minder) Eks 35:1-24 (th studie 11)
LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING
Eerste besoek: (3 min. of minder) Gebruik die voorgestelde gesprek (th studie 11).
Herbesoek: (4 min. of minder) Begin met die voorgestelde gesprek. Vestig dan die huisbewoner se aandag op ons webwerf, en gee vir hom ’n jw.org-kontakkaartjie (th studie 4).
Bybelstudie: (5 min. of minder) bhs 26 ¶18-20 (th studie 19)
DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Verslag van die Uitgewerskomitee – 2018: (15 min.) Speel die video. Vra dan vir die gehoor: Watter veranderinge het die organisasie gemaak waar dit kom by ons drukwerk, en hoekom? Wat is moontlik gemaak omdat daar nou minder drukwerk gedoen word? Watter belangrike rol speel vertaling in die voorsiening van geestelike voedsel? Watter seëninge is daar as gevolg van elektroniese media en video’s?
Gemeentelike Bybelstudie: (30 min. of minder) ia hfst. 22 ¶1-13
Slotkommentaar (3 min. of minder)
Lied 148 en gebed