DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Hoe egpare hulle huwelik kan versterk
Abraham en Sara is ’n goeie voorbeeld van huweliksmaats wat mekaar liefgehad en gerespekteer het (Ge 12:11-13; 1Pe 3:6). Maar hulle huwelik was nie volmaak nie en hulle het soms moeilike tye deurgemaak. Wat kan getroude paartjies leer deur te kyk na die voorbeeld van Abraham en Sara?
Kommunikeer met mekaar. Reageer met nederigheid wanneer jou maat se woorde gefrustreerd of geïrriteerd klink (Ge 16:5, 6). Reël dat julle tyd saam kan deurbring. Wys deur jou woorde en dade vir jou maat dat jy hom of haar regtig liefhet. Die belangrikste van alles is om Jehovah in julle huwelik te hou deur saam te studeer, saam te bid en Hom saam te dien (Pr 4:12). Sterk huwelike eer Jehovah, die Insteller van hierdie heilige reëling.
KYK NA DIE VIDEO HOE OM JULLE HUWELIK STERKER TE MAAK, EN VRA DAN DIE VOLGENDE VRAE:
Wat is party van die tekens in die video wat gewys het dat Shaan en Kiara van mekaar weggedryf het?
Hoekom is eerlike, openlike kommunikasie noodsaaklik in ’n huwelik?
Hoe het die voorbeeld van Abraham en Sara vir Shaan en Kiara gehelp?
Watter stappe het Shaan en Kiara geneem om hulle huwelik te versterk?
Hoekom moet ’n man en vrou nie verwag dat hulle huwelik volmaak en sonder probleme sal wees nie?
Julle kan julle huwelik versterk!