27 Mei – 2 Junie
GALASIËRS 1-3
Lied 106 en gebed
Inleidende kommentaar (3 min. of minder)
SKATTE UIT GOD SE WOORD
“Ek het hom van aangesig tot aangesig teëgestaan”: (10 min.)
[Speel die video Inleiding tot Galasiërs.]
Ga 2:11-13 – Toe Joodse Christene Petrus besoek het, het mensevrees veroorsaak dat hy sy nie-Joodse broers vermy het (w17.04 27 ¶16)
Ga 2:14 – Paulus het Petrus reggehelp (w13 3/15 5 ¶12)
Soek na geestelike skatte: (8 min.)
Ga 2:20 – Hoe moet jy die losprys beskou, en hoekom? (w14 9/15 16 ¶20-21)
Ga 3:1 – Hoekom het Paulus gesê dat die Galasiërs ‘onverstandig’ is? (it-1-E 880)
Wat het hierdie week se Bybelleesgedeelte jou oor Jehovah geleer?
Watter ander geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte ontdek?
Bybelleesgedeelte: (4 min. of minder) Ga 2:11-21 (th studie 10)
LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING
Tweede herbesoek, video: (5 min.) Speel en bespreek die video.
Tweede herbesoek: (3 min. of minder) Gebruik die voorgestelde gesprek (th studie 2).
Bybelstudie: (5 min. of minder) bh 191-192 ¶18-19 (th studie 6).
DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
“Hoe almal kan help om ons plekke van aanbidding netjies te hou”: (15 min.) Bespreking deur ’n ouer man. Speel die video Ons plekke van aanbidding moet altyd netjies wees, en voer daarna ’n kort onderhoud met die gemeente se verteenwoordiger op die bedryfskomitee deur die volgende vrae te vra. (As julle gemeente nie ’n verteenwoordiger het nie, voer die onderhoud met die koördineerder van die liggaam van ouer manne. As dit net julle gemeente is wat die Koninkryksaal gebruik, voer ’n onderhoud met die broer wat die instandhoudingswerk koördineer.) Doen ons alles wat op die rooster vir gereelde instandhoudingswerk is? Pas ons veiligheidsreëls toe wanneer ons werk? Watter instandhoudingswerk is onlangs gedoen, en wat word nog beplan? Sê nou daar is iemand met ervaring in instandhouding of iemand wat sulke vaardighede graag wil aanleer deur saam met ’n ervare persoon te werk, wat moet hy of sy doen? Hoe kan ons almal, wat ons omstandighede ook al is, help om die Koninkryksaal in stand te hou?
Gemeentelike Bybelstudie: (30 min.) cf hfst. 8 ¶10-17
Hersiening gevolg deur ’n oorsig van volgende week se vergadering (3 min.)
Lied 60 en gebed