DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Jy kan sukses hê al het jy ’n “doring in die vlees”!
Al God se knegte het gedurende hierdie kritieke laaste dae doringagtige probleme wat hulle teister (2Ti 3:1). Hoe kan ons op Jehovah staatmaak en hierdie probleme suksesvol verduur? Kyk na die video ‘Die oë van die blindes sal geopen word’ om uit te vind wat Talita Alnashi en haar ouers gedoen het, en beantwoord dan die volgende vrae:
Wat is Talita se “doring in die vlees”?
Watter Bybelbeloftes help Talita en haar ouers om ’n positiewe gesindheid te behou?
Hoe het Talita se ouers kort na haar operasie gewys dat hulle op Jehovah vertrou?
Hoe maak Talita se ouers goed gebruik van teokratiese hulpmiddels om Talita te leer om God lief te hê?
Hoe het Talita gewys dat sy geestelik groei al het sy ’n “doring in die vlees”?
Watter positiewe uitwerking het Talita se voorbeeld op jou gehad?