Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb19 Maart bl. 7
  • Gebruik video’s om jou Bybelstudente te onderrig

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gebruik video’s om jou Bybelstudente te onderrig
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2019
  • Soortgelyke materiaal
  • Verbeter jou vaardighede in die bediening​—⁠Gebruik video’s om te onderrig
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2016
  • Gebruik visuele hulpmiddele om te onderrig
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Behoort ek na musiekvideo’s te kyk?
    Ontwaak!—2003
  • Gebruik video’s om ander te onderrig
    Ons Koninkryksbediening—2013
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2019
mwb19 Maart bl. 7
’n Suster wys vir haar Bybelstudent ’n video

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Gebruik video’s om jou Bybelstudente te onderrig

Visuele hulpmiddels boei die aandag van die persoon wat daarna kyk, en dit help hom om dit wat hy leer te verstaan en te onthou. Ons Grootse Onderrigter, Jehovah, het ook visuele hulpmiddels gebruik om belangrike lesse te leer (Ge 15:5; Jer 18:1-6). Die Groot Leermeester, Jesus, het dit ook gebruik (Mt 18:2-6; 22:19-21). Een van hierdie visuele hulpmiddels is video’s, en in onlangse jare het hierdie video’s mense al baie gehelp. Maak jy goed gebruik van video’s wanneer jy jou Bybelstudente onderrig?

Daar is tien video’s voorberei om ons te help om vir mense die lesse te leer in die brosjure Goeie nuus wat van God kom! Die meeste van die video’s se titels is dieselfde as een van die vrae in vetdruk wat in die brosjure verskyn. Die digitale publikasie bevat skakels wat ons daaraan herinner wanneer ons hierdie video’s moet wys. Dan is daar ook ander video’s wat saam met die verskillende studiepublikasies in ons Gereedskapskissie vir Onderrigting gebruik kan word.

Sukkel jou student om ’n sekere Bybelonderwerp te verstaan of gaan hy dalk deur ’n moeilike tyd? Soek vir ’n video op jw.org® en JW Broadcasting® wat hom kan help. Jy en jou student kan dalk saam na een van hierdie video’s kyk en dit dan bespreek.

Daar word elke maand nuwe video’s vrygestel. Terwyl jy daarna kyk, kan jy gerus dink aan hoe jy dit kan gebruik wanneer jy ander onderrig.

VIDEO’S WAT SAAM MET DIE GOEIE NUUS-BROSJURE GEBRUIK KAN WORD

  • Die video: Het God ’n naam?

    Les 2

    Het God ’n naam?

  • Die video: Wie is die Outeur van die Bybel?

    Les 3

    Wie is die Outeur van die Bybel?

  • Die video: Hoe kan ons seker wees dat die Bybel waar is?

    Hoe kan ons seker wees dat die Bybel waar is?

  • Die video: Waarom het Jesus gesterf?

    Les 4

    Waarom het Jesus gesterf?

  • Die video: Waarom het God die aarde geskep?

    Les 5

    Waarom het God die aarde geskep?

  • Die video: Wat is die toestand van die dooies?

    Les 6

    Wat is die toestand van die dooies?

  • Die video: Wat is God se Koninkryk?

    Les 7

    Wat is God se Koninkryk?

  • Die video: Waarom laat God lyding toe?

    Les 8

    Waarom laat God lyding toe?

  • Die video: Aanvaar God alle vorme van aanbidding?

    Les 10

    Aanvaar God alle vorme van aanbidding?

  • Die video: Luister God na alle gebede?

    Les 12

    Luister God na alle gebede?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel