24-30 Desember
HANDELINGE 17-18
Lied 78 en gebed
Inleidende kommentaar (3 min. of minder)
SKATTE UIT GOD SE WOORD
“Preek en onderrig soos die apostel Paulus”: (10 min.)
Han 17:2, 3 — Paulus het uit die Skrif geredeneer en het verwysings gebruik wanneer hy ander geleer het (“geredeneer”, studienotas oor Han 17:2 in nwtsty; “deur verwysings bewys”, studienotas oor Han 17:3 in nwtsty )
Han 17:17 — Paulus het vir mense gepreek oral waar hy hulle raakgeloop het (“die markplein”, studienota oor Han 17:17 in nwtsty)
Han 17:22, 23 — Paulus was oplettend en het dan met mense gepraat oor dinge waarin hulle belanggestel het (“Aan ’n Onbekende God”, studienota oor Han 17:22, 23 in nwtsty)
Soek na geestelike skatte: (8 min.)
Han 18:18 — Wat kan ons sê oor die gelofte wat Paulus gemaak het? (w08 5/15 32 ¶5)
Han 18:21 — Hoe kan ons Paulus se voorbeeld volg wanneer ons geestelike doelwitte nastreef? (“As Jehovah wil”, studienota oor Han 18:21 in nwtsty)
Wat het hierdie week se Bybelleesgedeelte jou oor Jehovah geleer?
Watter ander geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte ontdek?
Bybelleesgedeelte: (4 min. of minder) Han 17:1-15
LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING
Tweede herbesoek: (3 min. of minder) Gebruik die voorgestelde gesprek. Noem en bespreek die video Wat gebeur tydens ’n Bybelstudie? (Moenie die video speel nie.)
Derde herbesoek: (3 min. of minder) Kies jou eie Bybelvers en bied ’n studiepublikasie aan.
Bybelstudie: (6 min. of minder) jl les 7
DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Ons moet deeglik wees wanneer ons preek en onderrig: (15 min.) Bespreking. Speel die video Gesinsaanbidding: Paulus — Hy het die goeie nuus deeglik verkondig. Vra dan die volgende vrae: Hoe het die gesin in die video besef dat hulle die gehalte van hulle velddiens moes verbeter? Watter aspekte van die apostel Paulus se bediening het hulle nagevolg? Watter seëninge het hulle daaruit verkry? Watter idees kan ons ook tydens ons gesinsaanbidding gebruik?
Gemeentelike Bybelstudie: (30 min.) cf hfst. 1 ¶8-15
Hersiening gevolg deur ’n oorsig van volgende week se vergadering (3 min.)
Lied 151 en gebed