Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb17 Januarie bl. 8
  • Bid vir Christene wat vervolg word

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bid vir Christene wat vervolg word
  • Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2017
  • Soortgelyke materiaal
  • Nuus wat betroubaar is en ons geloof versterk
    Hoe jou donasies gebruik word
  • Wees bly wanneer jy vervolg word
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2022
  • Bid vir mekaar
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Vervolg en tog gelukkig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2017
mwb17 Januarie bl. 8

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Bid vir Christene wat vervolg word

Die Bybel het voorspel dat Satan ons sal vervolg. Hy gebruik vervolging om ons bediening teë te staan (Joh 15:20; Op 12:17). Hoe kan ons mede-Christene help wat in ander lande vervolg word? Ons kan vir hulle bid. “Die smeking van ’n regverdige het groot krag wanneer dit aan die werk is.”—Jak 5:16.

’n Broer in boeie word toegesluit in die tronk; ’n groep broers en susters; ’n broer wat bid

Waarvoor kan ons bid? Ons kan Jehovah vra om ons broers en susters te help om moed aan die dag te lê en nie bang te wees nie (Jes 41:10-13). Ons kan bid dat die owerheid nie ons predikingswerk teëstaan nie ‘sodat ons kan voortgaan om ’n kalm en stil lewe te lei’.—1Ti 2:1, 2.

Toe Paulus en Petrus vervolg is, het die eerste-eeuse Christene vir hulle gebid. In hulle gebede het hulle Paulus en Petrus op die naam genoem (Han 12:5; Ro 15:30, 31). As jy nie die name ken van jou broers wat vervolg word nie, noem dan die gemeente, land of streek in jou gebed.

  • Die jongste nuus oor die vervolging van Jehovah se Getuies kan op jw.org gevind word. (Kyk onder NUUS > REGSVERWIKKELINGE.)

  • Die artikel op jw.org “Jehovah se Getuies in die tronk weens hulle geloof—Volgens land” bevat ’n lys van almal wat tans in die tronk is. (Kyk onder NUUS > REGSVERWIKKELINGE. Klik op die naam van ’n land vir verdere besonderhede en laai ’n PDF af met die name van die broers wat in daardie land in die tronk is.)

Skryf die lande neer waarin Christene vervolg word vir wie jy wil bid.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel