SKATTE UIT GOD SE WOORD | SPREUKE 7-11
“Laat jou hart nie afwyk . . . nie”
Jehovah se standaarde kan ons beskerm. Maar om daarby baat te vind, moet ons dit in ons hart bewaar (Spr 7:3). Wanneer ’n kneg van Jehovah toelaat dat sy hart afwyk, kan hy maklik bedrieg word deur Satan se slinkse taktieke. Spreuke 7 beskryf ’n jong man wat toegelaat het dat sy hart hom bedrieg. Wat kan ons uit sy foute leer?
Satan probeer ons van Jehovah af weglok deur ons vyf sintuie te gebruik om ons te kry om by verkeerde dinge betrokke te raak
Wysheid en begrip sal ons help om te verstaan watter verpletterende gevolge verkeerde dade het en om ver van geestelike gevaar af weg te bly