Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb16 Junie bl. 3
  • Vertrou op Jehovah en doen wat goed is

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vertrou op Jehovah en doen wat goed is
  • Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2016
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Verlustig jou in Jehovah’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Psalm 37:4 – “Vind jou vreugde in die Here”
    Verduidelikings van Bybelverse
  • Vertrou altyd op Jehovah!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Vertrou op Jehovah
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2016
mwb16 Junie bl. 3

SKATTE UIT GOD SE WOORD | PSALM 34-37

Vertrou op Jehovah en doen wat goed is

“Moenie afgunstig wees op dié wat onregverdigheid bedryf nie”

37:1, 2

  • Moenie toelaat dat die tydelike sukses van goddelose mense jou aandag van jou diens aan Jehovah aflei nie. Hou jou oë gerig op geestelike seëninge en doelwitte

“Vertrou op Jehovah en doen wat goed is”

37:3

  • Vertrou dat Jehovah jou sal ondersteun wanneer jy enige twyfelgedagtes of sorge het. Hy sal jou help om getrou te bly

  • Bly besig deur die goeie nuus van God se Koninkryk te verkondig

“Verlustig jou . . . in Jehovah”

37:4

  • Ruim tyd in om God se Woord te lees en daaroor te peins met die doel om Jehovah beter te leer ken

“Laat jou weg aan Jehovah oor”

37:5, 6

  • Vertrou ten volle dat Jehovah jou sal help om enige probleem te bowe te kom

  • Handhaaf goeie gedrag tydens teenstand, vervolging of wanneer mense ’n wanvoorstelling van ons gee

“Swyg voor Jehovah en wag vol verlange op hom”

37:7-9

  • Vermy onbesonne dade wat ons van ons vreugde en geestelike veiligheid kan beroof

“Die sagmoediges sal die aarde besit”

37:10, 11

  • Soek sagmoedigheid en wag geduldig op Jehovah om al die ongeregtigheid wat jy ondervind, uit die weg te ruim

  • Ondersteun medegelowiges en vertroos die terneergedruktes met God se belofte van ’n nuwe wêreld, wat binnekort hier sal wees

Uitgestrekte engelagtige hande oor die Paradysaarde

Die Messiaanse Koninkryk sal ongekende seëninge meebring

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel