Rooster vir die week van 21 Desember
WEEK WAT BEGIN MET 21 DESEMBER
Lied 90 en gebed
Gemeentelike Bybelstudie:
ia hfst. 5 ¶1-13 (30 min.)
Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: 2 Kronieke 20-24 (8 min.)
Nr. 1: 2 Kronieke 20:13-20 (3 min. of minder)
Nr. 2: Ester—Tema: Hoe ware skoonheid geopenbaar word—it-1-E bl. 761-762, “Esther”; of eie navorsing (5 min.)
Nr. 3: Wat beteken die term “Hoofbewerker”?—Glossary, nwt-E bl. 1695, “Chief Agent”; of eie navorsing (5 min.)
Diensvergadering:
Tema vir die maand: “Ons moet deur baie verdrukkinge heen in die koninkryk van God ingaan.”—Hand. 14:22.
5 min: Vraebus. Toespraak.
10 min: Toon waardering vir Jehovah se vrygewigheid. Toespraak deur ’n ouer man wat gebaseer is op Die Wagtoring van 15 Desember 2015, bladsy 15-16.
15 min: Versigtig soos slange en tog onskuldig soos duiwe (Matt. 10:16). Bespreking gebaseer op die Jaarboek vir 2015, bladsy 72, paragraaf 5, tot bladsy 73; en bladsy 111-116. Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor die lesse wat hulle geleer het.