Velddiensglanspunte
In Januarie 2015 was daar goeie groei in Namibië sowel as Swaziland. Namibië het 2 398 verkondigers gerapporteer—9% meer as die vorige jaar. Die 4 389 Bybelstudies wat gedurende Januarie gehou is sowel as die 18 984 herbesoeke wat gedoen is, toon dat die oes in Namibië groot is. In Swaziland het 3 563 verkondigers gerapporteer—’n vermeerdering van 19%. Daar is baie belangstelling in die gebied wat onder ons takkantoor val, en ons hou aan om op Jehovah te vertrou om meer werkers in hierdie vrugbare veld uit te stuur.—Matteus 9:38.