Rooster vir die week van 27 Julie
WEEK WAT BEGIN MET 27 JULIE
Lied 18 en gebed
Gemeentelike Bybelstudie:
cl hfst. 28 ¶1-9 (30 min.)
Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: 1 Konings 15-17 (8 min.)
Nr. 1: 1 Konings 15:16-24 (3 min. of minder)
Nr. 2: Hoe kan die Bybel vrouens help?—igw bl. 26 ¶3-4 (5 min.)
Nr. 3: Dawid—Tema: Jongmense, berei julle nou voor om Jehovah moedig te dien—it-1-E bl. 585-591, “David”; of eie navorsing (5 min.)
Diensvergadering:
Tema vir die maand: ‘Gaan en maak dissipels.’—Matt. 28:19, 20.
10 min: Verbeter jy jou vaardighede in die bediening? Bespreking. Hersien die eerste paragraaf in Ons Koninkryksbediening vir Februarie 2014, wat verduidelik wat die doel is van die reeks “Verbeter jou vaardighede in die bediening”. Hersien kortliks ’n paar van die vorige artikels. Nooi die gehoor om te vertel hoe hulle by spesifieke wenke in die reeks baat gevind het. Spoor die verkondigers aan om hulle vaardighede te verbeter deur elke maand die wenke toe te pas onder die onderhofie “Wenk vir die maand”.
10 min: Gebruik “’n Inleiding tot God se Woord”—Om jou Bybelstudent te help. Bespreking. Bespreek hoe ons die volgende dele kan gebruik om ons Bybelstudent te help om goed gebruik te maak van die Bybel: (1) “Hoe om Bybelverse te vind.” (2) Vraag 19: “Wat bevat die verskillende boeke van die Bybel?” (3) Vraag 20: “Hoe kan jy die meeste baat vind by jou Bybellees?” Laat ’n verkondiger kortliks demonstreer hoe hy een van hierdie dele aan die einde van die studie met sy student bespreek.
10 min: “’n Bybelonderrigter se gereedskap.” Vrae en antwoorde.
Lied 125 en gebed