Velddiensglanspunte
In Suid-Afrika het 98 545 verkondigers gedurende Oktober gerapporteer, en daar was ’n nuwe hoogtepunt van 10 779 gewone pioniers—waarlik uitstekend! Die 143 684 Bybelstudies wat tans gehou word, toon dat die oes inderdaad groot is. Swaziland moet ook geprys word, aangesien 3 295 verkondigers gedurende Oktober gerapporteer het. In hierdie klein land waar 4 781 Bybelstudies gehou word, is daar ’n dringende behoefte aan pioniers. Ons vertrou op Jehovah om meer werkers te voorsien om te help met die oeswerk in die gebied waaroor ons takkantoor toesig hou.—Matt. 9:37, 38.