Rooster vir die week van 2 Februarie
WEEK WAT BEGIN MET 2 FEBRUARIE
Lied 109 en gebed
Gemeentelike Bybelstudie:
cl hfst. 19 ¶18-23, venster op bl. 198 (30 min.)
Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Rigters 8-10 (8 min.)
Nr. 1: Rigters 8:13-27 (3 min. of minder)
Nr. 2: Wie het die Bybel geskryf?—igw bl. 6 ¶1-5 (5 min.)
Nr. 3: Andreas—Tema: Nie vernaam nie, maar toeganklik en getrou—it-1-E bl. 105, “Andrew”; of eie navorsing (5 min.)
Diensvergadering:
Maandelikse tema: ‘Dien die Here as slaaf met die grootste ootmoed.’—Handelinge 20:19.
10 min: Bied die tydskrifte gedurende Februarie aan. Bespreking. Begin met ’n demonstrasie van hoe die tydskrifte aangebied kan word deur die twee voorgestelde aanbiedings op hierdie bladsy te gebruik. Ontleed dan elke voorgestelde aanbieding van begin tot einde.
10 min: Plaaslike behoeftes.
10 min: Hoe het ons gevaar? Bespreking. Nooi verkondigers om kommentaar te lewer oor hoe hulle baat gevind het deur die wenke toe te pas in die artikel “Verbeter jou vaardighede in die bediening—Hoe om te reageer wanneer ’n huisbewoner kwaad is”. Vra die gehoor om positiewe ondervindinge te vertel.
Nuwe lied “Gee ons vrymoedigheid, Heer” en gebed
Let wel: Speel die lied asseblief eers een keer deur, en laat die gemeente dan die nuwe lied sing.