Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Desember: Wat leer die Bybel werklik? of enige traktate wat die gemeente in voorraad het. Gemeentes met ’n voorraad van die ou traktate moet ’n spesiale poging aanwend om dit te versprei en dit nie in voorraad hou nie. Januarie en Februarie: Bied een van die volgende brosjures met 32 bladsye aan: Goeie nuus wat van God kom!, Luister na God en lewe vir ewig, Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind? Maart en April: Die Wagtoring en die Ontwaak!
◼ Die Gedenkmaal vir 2016 sal op Woensdag 23 Maart 2016 gehou word.
◼ Vanaf 1 Januarie 2015 sal die reëling om die eerste Saterdag van elke maand te gebruik om Bybelstudies te begin, tot ’n einde kom. Verkondigers kan eerder tydskrifte aanbied soos hulle op ander Saterdae doen. Ons kan enige tyd van die maand Bybelstudies aanbied deur tydskrifte of ander studiepublikasies te gebruik.