Gebruik ons webwerf in die bediening—“Antwoorde op Bybelvrae”
Die reeks “Antwoorde op Bybelvrae” kan gevind word op jw.org/af onder “Bybelleringe”. As ons bekend is met hierdie algemene vrae, kan ons huisbewoners wat hierdie vrae vra, vir skriftuurlike antwoorde na ons webwerf verwys. Hierdie vrae kan ook gebruik word om gesprekke in die bediening te begin. Ons kan ’n vraag kies waarin mense in ons gebied sal belangstel, die huisbewoner se opinie vra en dan aan hom verduidelik wat die Bybel sê deur die redenasies op jw.org te gebruik. Daarna kan ons verduidelik of vir hom wys waar ons ons inligting gekry het. Nog ’n opsie is om hom die antwoord direk op die webwerf te laat lees. Die vrou van ’n reisende opsiener het al goeie resultate behaal deur te sê: “Baie mense wonder: ‘Is God verantwoordelik vir ons lyding?’ Wil jy graag weet wat die antwoord is? Dit sal net 51 sekondes neem.” Dan speel sy die oudioweergawe van die antwoord wat sy op haar draagbare toestel afgelaai het. Daarna sluit sy die gesprek af deur vir die huisbewoner hoofstuk 11 van die Leer Bybel-boek te wys.