Rooster vir die week van 17 November
WEEK WAT BEGIN MET 17 NOVEMBER
Lied 26 en gebed
Gemeentelike Bybelstudie:
cl hfst. 16 ¶1-9 (30 min.)
Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Deuteronomium 23-27 (10 min.)
Nr. 1: Deuteronomium 25:17–26:10 (4 min. of minder)
Nr. 2: Wat die Bybel oor die siel sê—rs bl. 374 ¶1–bl. 375 ¶3 (5 min.)
Nr. 3: Versiering—Versiering soos beskryf in die Bybel—it-1-E bl. 51 ¶4-7, “Adornment”; of eie navorsing (5 min.)
Diensvergadering:
10 min: Wat is ’n ware vriend? Bespreking gebaseer op die witbord-tekenprent Wat is ’n ware vriend? (Gaan na jw.org/af, en kyk onder BYBELLERINGE > TIENERS.) Begin deur die video vir die gehoor te speel. Gebruik dan die volgende vrae as die grondslag vir die bespreking: (1) Wat is ’n ware vriend? (2) Waarna moet jy in ’n potensiële vriend soek? (3) Hoe kan jy ’n goeie vriend vind? (4) Wat moet jy doen om jou vriendskappe te versterk?
10 min: Ons word deur liefde geïdentifiseer (Johannes 13:35). Bespreking gebaseer op die Jaarboek vir 2014, bladsy 48, paragraaf 1, tot bladsy 49, paragraaf 3; en bladsy 69, paragraaf 1, tot bladsy 70, paragraaf 2. Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor die lesse wat hulle geleer het.
10 min: “’n Opwindende en vars benadering tot die openbare getuieniswerk.” Vrae en antwoorde. As die gemeente gebiede het waar daar baie voetgangers is, moet ’n onderhoud met die diensopsiener gevoer word oor plaaslike reëlings vir openbare getuieniswerk en moet die gehoor genooi word om ondervindinge te vertel.
Lied 92 en gebed