Rooster vir die week van 4 Augustus
WEEK WAT BEGIN MET 4 AUGUSTUS
Lied 51 en gebed
Gemeentelike Bybelstudie:
cl hfst. 11 ¶1-8 (30 min.)
Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Numeri 4-6 (10 min.)
Nr. 1: Numeri 4:17-33 (4 min. of minder)
Nr. 2: Sê die Bybel dat sommige nooit gered sal word nie?—rs bl. 345 ¶1-3 (5 min.)
Nr. 3: Beskuldiging—Jehovah maak slegte wette kragteloos, en hy oordeel diegene wat valse beskuldigings teen ander inbring—it-1-E bl. 39 ¶9–bl. 40 ¶1, “Accusation”; of eie navorsing (5 min.)
Diensvergadering:
10 min: Bied die tydskrifte gedurende Augustus aan. Bespreking. Gebruik die voorgestelde aanbiedings op hierdie bladsy om te demonstreer hoe die tydskrifte aangebied kan word wanneer ons oor die naweke aan die spesiale kampanje deelneem. Nooi dan die gehoor om kommentaar te lewer oor die volgende vrae: Waarom moet ons die tydskrifte in Augustus oor die naweke aanbied wanneer dit gepas is? Wanneer sal dit gepas wees?
10 min: Plaaslike behoeftes.
10 min: Hoe het ons gevaar? Bespreking. Nooi verkondigers om kommentaar te lewer oor hoe hulle baat gevind het deur punte toe te pas in die artikel “Verbeter jou vaardighede in die bediening—Hoe om ’n gesprek te begin om informeel te getuig”. Vra die gehoor om goeie ondervindinge te vertel.
Lied 75 en gebed