Aankondigings
Lektuuraanbod vir Februarie: Die brosjure Goeie nuus wat van God kom! of enige brosjure vir velddiens wat die gemeente in voorraad het. Maart en April: Die Wagtoring en Ontwaak! Mei en Junie: Wat leer die Bybel werklik? of een van die volgende traktate: Hoe beskou jy die Bybel?, Hoe beskou jy die toekoms?, Wat is die sleutel tot ’n gelukkige gesinslewe?, Wie is werklik in beheer van die wêreld? of Sal lyding ooit tot ’n einde kom?
Die tema van die spesiale openbare toespraak vir die 2014-Gedenkmaalseisoen is: “Waarom sou ’n liefdevolle God goddeloosheid toelaat?”
Wanneer verkondigers openbare getuieniswerk met behulp van ’n tafel of ’n lektuurstaander doen, moet Bybels nie uitgestal word nie. Maar hulle kan Bybels in voorraad hê om te gee aan persone wat een aanvra of wat opregte belangstelling in die waarheid toon.
Ons is bly om aan te kondig dat ses nuwe Koninkryksale toegewy is. Oos-Kaap: Midros. Gauteng: Glen Ridge en Refilwe. Lesotho: Mokhethoaneng. Mpumalanga: Wolvekrans. Wes-Kaap: Wallacedene.