Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende vrae sal gedurende die week wat begin met 24 Februarie 2014, tydens die Teokratiese Bedieningskool bespreek word.
Waarop het Satan Eva laat fokus, en wat het Eva getoon deur van die verbode boom te eet? (Gen. 3:6). [6 Jan., w11 5/15w11 bl. 16-17 par. 5]
Wat het Abel moontlik gehelp om sterk geloof op te bou, en wat het dit tot gevolg gehad? (Gen. 4:4, 5; Heb. 11:4). [6 Jan., w13 1/1 bl. 12 par. 3; bl. 14 par. 4-5]
Hoe kan ouers hulle kinders help om nie die wêreld se “sterkes” en “manne van naam” te bewonder nie? (Gen. 6:4). [13 Jan., w13 4/1 bl. 13 par. 2]
Wat kan ons leer uit die verslag oor Lot en sy vrou, soos opgeteken in Genesis 19:14-17 en 26? [27 Jan., w03 1/1 bl. 16-17 par. 20]
Hoe het Abraham sy geloof getoon in die opstanding asook in Jehovah se belofte dat ’n nakomeling deur Isak sou kom? (Gen. 22:1-18). [3 Feb., w09 2/1 bl. 18 par. 4]
Watter belangrike waarhede leer ons uit die profesie in Genesis 25:23, wat sê dat “die oudste . . . die jongste [sal] dien”? [10 Feb., w03 10/15 bl. 29 par. 2]
Wat was betekenisvol omtrent Jakob se droom van wat party vertalings ’n leer noem? (Gen. 28:12, 13). [10 Feb., w04 1/15 bl. 28 par. 6]
Waarom was Laban so gretig om die gesteelde terafim terug te kry? (Gen. 31:30-35). [17 Feb., it-2-E bl. 186 par. 2]
Wat leer ons uit die engel se antwoord aan Jakob in Genesis 32:29? [24 Feb., w13 8/1 bl. 10]
Wat is een manier om die rampspoed te vermy wat Dina getref het? (Gen. 34:1, 2). [24 Feb., w01 8/1 bl. 20-21]