Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende vrae sal gedurende die week wat begin met 30 Desember 2013, tydens die Teokratiese Bedieningskool bespreek word. Die datum waarop elke gedagte bespreek sal word, word ingesluit sodat navorsing gedoen kan word wanneer daar elke week vir die skool voorberei word.
1. Wat sal ons help om sagmoedigheid aan die dag te lê wanneer ons met sekulêre owerhede te doen het? (Titus 3:2). [4 Nov., w03 4/1 bl. 25 par. 18-19]
2. Wat kan ons leer uit Paulus se woorde aan Filemon wat in Filemon 4, 5 en 7 opgeteken is? [4 Nov., w08 10/15 bl. 31 par. 1, 2; w92 4/15 bl. 25 par. 2]
3. Hoe gaan ons in God se rus in? (Heb. 4:9-11). [11 Nov., w11 7/15 bl. 28 par. 16, 17]
4. Wat kan ons leer by Samuel en die getroue rigters en profete wat “regverdigheid” bewerkstellig het? (Heb. 11:32, 33). [18 Nov., w11 1/1 bl. 25 par. 5, 6]
5. Waarom het Jakobus geskryf: “Die wysheid van bo is allereers kuis, dan vredeliewend”? (Jak. 3:17). [25 Nov., w11 8/15 bl. 30-31 par. 15]
6. Wie is “die dooies” aan wie ‘die goeie nuus bekend gemaak is’? (1 Pet. 4:6). [2 Des., w08 11/15 bl. 21 par. 7]
7. Wat is die “ou” sowel as die “nuwe” gebod waarvan Johannes in 1 Johannes 2:7, 8 praat? [9 Des., w08 12/15 bl. 27 par. 6]
8. Na wie verwys die titels “die Alfa en die Omega” en “die Eerste en die Laaste”? (Op. 1:8, 17). [16 Des., w09 1/15 bl. 30 par. 6]
9. Op watter twee maniere word gesalfde Christene “verseël”? (Op. 7:3). [23 Des., w07 1/1 bl. 31 par. 2]
10. Waarom kan ons heeltemal seker wees dat die voorspelde seëninge onder Koninkryksheerskappy ’n werklikheid sal word, en watter uitwerking moet hierdie wete op ons hê? (Op. 21:5, 6). [30 Des., re bl. 303-304 par. 9]