Rooster vir die week van 21 Oktober
WEEK WAT BEGIN MET 21 OKTOBER
Lied 33 en gebed
□ Gemeentelike Bybelstudie:
jr hfst. 15 ¶13-20 (30 min.)
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: 1 Tessalonisense 1-5–2 Tessalonisense 1-3 (10 min.)
Nr. 1: 1 Tessalonisense 2:9-20 (4 min. of minder)
Nr. 2: Wat kan ons leer uit die goeie en die slegte dinge wat Salomo gedoen het?—Rom. 15:4 (5 min.)
Nr. 3: Wat is die Bybel se beskouing van godsdiensvermenging?—rs bl. 174 ¶2–bl. 175 ¶2 (5 min.)
□ Diensvergadering:
15 min: Wat leer ons? Bespreking. Reël dat Markus 1:40-42, Markus 7:32-35 en Lukas 8:43-48 gelees word. Bespreek hoe hierdie verslae ons in ons veldbediening kan help.
15 min: “Gebruik ons webwerf om jou kinders te leer.” Vrae en antwoorde. Wanneer paragraaf 3 bespreek word, moet verduidelik word waar om “’n Gids vir ouers” te vind en ’n voorbeeld gegee word van die instruksies wat daar verskyn. Wanneer paragraaf 4 bespreek word, moet die gehoor genooi word om kommentaar te lewer oor hoe gesinne goed gebruik maak van ons amptelike webwerf vir hulle Gesinsaanbidding.
Lied 88 en gebed