Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/13 bl. 1
  • God se Woord is nuttig om te onderrig

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • God se Woord is nuttig om te onderrig
  • Ons Koninkryksbediening—2013
  • Soortgelyke materiaal
  • Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Geniet die voordele van Goddelike onderrigting
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Bewaak jou verstand
    Ons Koninkryksbediening—2012
  • ‘Laat God se wil geskied’
    Ons Koninkryksbediening—2011
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2013
km 8/13 bl. 1

God se Woord is nuttig om te onderrig

1. Wat is die tema van die kringbyeenkoms vir die 2014-diensjaar, en watter vraag sal tydens die program beantwoord word?

1 Ons “Grootse Onderrigter”, Jehovah, is die beste leermeester in die heelal (Jes. 30:20, 21). Maar hoe onderrig Jehovah ons? Hy het ’n boek voorsien wat alle ander boeke oortref—sy geïnspireerde Woord, die Bybel. Hoe kan goddelike onderrigting ons fisies, verstandelik, emosioneel en geestelik tot voordeel strek? Die antwoord op hierdie vraag sal tydens ons kringbyeenkomsprogram vir die 2014-diensjaar bespreek word. Die tema van die program, “God se Woord is nuttig om te onderrig”, is op 2 Timoteus 3:16 gebaseer.

2. Die antwoorde op watter vrae sal jou help om die hoofpunte van die program te identifiseer?

2 Let op die volgende hoofpunte: Die antwoorde op die volgende vrae sal jou help om die hoofpunte van die program te identifiseer:

• Watter uitwerking het goddelike onderrigting op ons lewe? (Jes. 48:17, 18).

• Waarvan kan ons verseker wees as ons ons omstandighede probeer aanpas om Jehovah voltyds te dien? (Mal. 3:10).

• Hoe moet ons reageer wanneer ons met “vreemde leringe” te doen het? (Heb. 13:9).

• Hoe kan ons ‘die manier waarop Jesus geleer het’, navolg? (Matt. 7:28, 29).

• Waarom moet onderrigters in die gemeente hulleself leer? (Rom. 2:21).

• Waarvoor is God se Woord nuttig? (2 Tim. 3:16).

• Hoe word mense geraak deurdat die nasies ‘geskud’ word? (Hag. 2:6, 7).

• Watter vertroue het Jehovah in ons? (Ef. 5:1).

• Waarom moet ons hard werk om in die leer van Jehovah te bly? (Luk. 13:24).

3. Waarom is dit belangrik dat ons hierdie tydige program bywoon en aandagtig daarna luister?

3 Vroeër in 2 Timoteus hoofstuk 3 het Paulus, net voordat hy die woorde geskryf het waarop die tema van hierdie program gebaseer is, die kritieke tye beskryf wat die laaste dae sou kenmerk. Hy het geskryf: “Goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, terwyl hulle mislei en mislei word” (2 Tim. 3:13). Hoe belangrik is dit tog vir ons om na goddelike onderrigting te luister en dit toe te pas sodat ons nie mislei word nie! Mag ons dus vasbeslote wees om hierdie tydige program by te woon en aandagtig daarna te luister.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel