Voorgestelde aanbiedings
Om op die eerste Saterdag in Junie Bybelstudies te begin
“Byna almal met wie ons praat, wil vrede in die wêreld hê. Tog is daar nog steeds oorloë. Waarom dink jy is wêreldvrede so ontwykend?” Wag vir ’n antwoord. Wys dan vir die persoon die agterblad van Die Wagtoring van 1 Junie en bespreek die materiaal onder die eerste vraag en ten minste een van die teksverwysings. Bied die tydskrifte aan, en reël om terug te gaan en die volgende vraag te bespreek.
Let wel: Hierdie aanbieding moet op 1 Junie by die velddiensreëling gedemonstreer word.
Die Wagtoring 1 Junie
“Ons besoek ons bure kortliks om oor ’n algemene probleem te praat. Die meeste mense het al die een of ander tyd vooroordeel ondervind. Dink jy dat daar enige plek in die wêreld is waar vooroordeel nie bestaan nie? [Wag vir ’n antwoord.] Let op hoe God alle mense beskou. [Lees Handeling 10:34.] Hierdie tydskrif bespreek hoe God vooroordeel eens en vir altyd sal beëindig.”
Ontwaak! Junie
“Ons wil graag jou opinie oor iets vra. Dit is ’n natuurlike begeerte om ’n beter lewe te wil hê. Dink jy ons kan daardie doel bereik deur meer materiële dinge te koop? [Wag vir ’n antwoord.] Let op Jesus se betekenisvolle woorde. [Lees Lukas 12:15.] Hierdie tydskrif bied ’n gebalanseerde beskouing van materiële besittings en gee nuttige wenke oor hoe om ons besteding onder beheer te hou.”