Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/13 bl. 3
  • Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—2013
Ons Koninkryksbediening—2013
km 2/13 bl. 3

Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool

Die volgende vrae sal gedurende die week wat begin met 25 Februarie 2013, tydens die Teokratiese Bedieningskool bespreek word. Die datum waarop elke gedagte bespreek sal word, word ingesluit sodat navorsing gedoen kan word wanneer daar elke week vir die skool voorberei word.

1. Waarom het Jesus gesê dat “dié wat treur”, gelukkig sou wees? (Matt. 5:4). [7 Jan., w09 2/15 bl. 6 par. 6]

2. Wat het Jesus bedoel toe hy in die modelgebed wat hy sy dissipels geleer het, gesê het: “Bring ons nie in versoeking nie”? (Matt. 6:13). [7 Jan., w04 2/1 bl. 16 par. 13]

3. Waarom het Jesus gesê dat sy dissipels nie hulle predikingskring sou voltooi “voordat die Seun van die mens kom” nie? (Matt. 10:23). [14 Jan., w10 9/15 bl. 10 par. 12; w87 8/1 bl. 8 par. 6]

4. Watter twee dinge word deur Jesus se illustrasie van die mosterdsaadjie beklemtoon? (Matt. 13:31, 32). [21 Jan., w08 7/15 bl. 17-18 par. 3-8]

5. Watter les het Jesus sy dissipels geleer toe hy gesê het: “Tensy julle omdraai en soos jong kinders word, sal julle hoegenaamd nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie”? (Matt. 18:3). [28 Jan., w07 2/1 bl. 9-10 par. 3-4]

6. Wat beteken Jesus se woorde “u het dit self gesê”? (Matt. 26:63, 64). [11 Feb., w11 6/1 bl. 18]

7. Waarom word Jesus “Here selfs van die sabbat” genoem? (Mark. 2:28). [18 Feb., w08 2/15 bl. 28 par. 7]

8. Waarom het Jesus die woorde in Markus 3 oor sy moeder en sy broers gesê, en wat leer dit ons? (Mark. 3:31-35). [18 Feb., w08 2/15 bl. 29 par. 5]

9. Wat was moontlik die rede dat Jesus die blinde man se sig in twee stappe herstel het, soos in Markus 8:22-25 opgeteken is, en wat kan ons hieruit leer? [25 Feb., w00 2/15 bl. 17 par. 7]

10. Wat leer ons uit die manier waarop Jesus in Markus 8:32-34 op Petrus se bestrawwing gereageer het? [25 Feb., w08 2/15 bl. 29 par. 6]

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel