Rooster vir die week van 18 Februarie
WEEK WAT BEGIN MET 18 FEBRUARIE
Lied 52 en gebed
□ Gemeentelike Bybelstudie:
jr hfst. 5 ¶13-18 (30 min.)
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Markus 1-4 (10 min.)
Nr. 1: Markus 2:18–3:6 (4 min. of minder)
Nr. 2: Waarop is die vaevuurleer gebaseer?—rs bl. 398 ¶1–bl. 399 ¶2 (5 min.)
Nr. 3: Hoe moet ons Paulus se raad in 1 Korintiërs 7:29-31 verstaan? (5 min.)
□ Diensvergadering:
15 min: Verkondig die woord in moeilike tye (2 Tim. 4:2). Bespreking wat gebaseer is op die Jaarboek vir 2012, bladsy 72, paragrawe 1-2; bladsy 110; bladsy 156, paragraaf 1, tot bladsy 157, paragraaf 1; en bladsy 179, paragraaf 2. Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor die lesse wat hulle geleer het.
15 min: “Die kampanje om die Gedenkmaal te adverteer, begin op 1 Maart.” Vrae en antwoorde. Gee vir elkeen in die gehoor ’n uitnodiging, en bespreek die inhoud daarvan. Wanneer paragraaf 2 bespreek word, moet die diensopsiener genooi word om plaaslike reëlings vir die dekking van die gebied uiteen te sit. Wanneer paragraaf 3 bespreek word, moet die voorgestelde aanbieding gebruik word om te demonstreer hoe ons die uitnodiging kan aanbied.
Lied 8 en gebed