Rooster vir die week van 20 Februarie
WEEK WAT BEGIN MET 20 FEBRUARIE
Lied 37 en gebed
□ Gemeentelike Bybelstudie:
bt hfst. 17 ¶1-7 (25 min.)
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Jesaja 58-62 (10 min.)
Nr. 1: Jesaja 61:1-11 (4 min. of minder)
Nr. 2: Waarom is toewyding ’n blyk van liefde en geloof? (5 min.)
Nr. 3: Hoe beskou God dit as huweliksmaats uitmekaargaan?—rs bl. 204 ¶1 (5 min.)
□ Diensvergadering:
10 min: Aankondigings. Meld die lektuuraanbod vir Maart, en reël dat een aanbieding gedemonstreer word.
10 min: Wat leer ons? Bespreking. Reël dat Psalm 63:3-8 en Markus 1:32-39 gelees word. Bespreek hoe hierdie verse ons in ons bediening kan help.
15 min: “Die kampanje om die Gedenkmaal te adverteer, begin op 17 Maart.” Vrae en antwoorde. Gee almal in die gehoor ’n uitnodiging, indien beskikbaar, en bespreek die inhoud daarvan. Wanneer paragraaf 2 bespreek word, demonstreer kortliks hoe die uitnodiging aangebied kan word. Wanneer paragraaf 3 bespreek word, nooi die diensopsiener om te verduidelik hoe die plaaslike gebied gedek sal word.
Lied 8 en gebed