Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/11 bl. 3
  • Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—2011
Ons Koninkryksbediening—2011
km 6/11 bl. 3

Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool

Die volgende vrae sal gedurende die week wat begin met 27 Junie 2011, tydens die Teokratiese Bedieningskool bespreek word. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 20 minute hou wat gebaseer is op die materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 2 Mei tot 27 Junie 2011.

1. Watter les kan ons leer uit die feit dat Jehovah van Job vereis het om vir diegene te bid wat teen hom gesondig het? (Job 42:8). [w98 8/15 bl. 30 par. 5]

2. Wat is “die offerandes van regverdigheid” wat Christene vandag bring? (Ps. 4:5). [w06 5/15 bl. 18 par. 9]

3. Hoe het Dawid se niere hom tereggewys? (Ps. 16:7). [w04 12/1 bl. 14 par. 9]

4. Hoe ‘maak die hemele die heerlikheid van God bekend’? (Ps. 19:1). [w04 10/1 bl. 10 par. 8]

5. Op watter verband tussen hoop en moed dui Psalm 27:14? [w06 10/1 bl. 26-27 par. 3, 6]

6. Hoe moet Psalm 37:21 ons handelinge met ons broers raak? [w88 8/15 bl. 17 par. 8]

7. Watter les in waardering kan ons leer uit die geval van ’n sekere Leviet in ballingskap? (Ps. 42:1-3). [w06 6/1 bl. 9 par. 3]

8. Wat kan ons help om ’n liefde vir regverdigheid en ’n haat vir goddeloosheid aan te kweek? (Ps. 45:7). [cf bl. 58-59 par. 8-10]

9. Met wie se “gewillige gees” het Dawid gevra om ondersteun te word? (Ps. 51:12). [w06 6/1 bl. 9 par. 10]

10. Hoe kan ons soos ’n olyfboom in God se huis wees? (Ps. 52:8). [w00 5/15 bl. 29 par. 6]

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel